Besef jou behoefte en nood aan verlossing

Dokumentasie Geplaas op Saterdag, 7 Mei 2022

Besef jou behoefte en nood

Die geleentheid by die put

Die gelese gedeelte aangaande die geleentheid by die put, vind ons in Johannes 4:1-42. In hierdie gedeelte sê Jesus, dat wanneer Hy vir ons water gee om te drink, ons nooit weer dors sal wees nie – Johannes 4:13. Hoe is dit moontlik?

Jesus sit by 'n put wanneer 'n Samaritaanse vrou daar kom om water te kry. In die kultuur van daardie tyd, word hierdie vrou eerstens verag bloot omdat sy 'n vrou is. Sy beleef ook isolasie omdat sy 'n Samaritaan is, mense wat op daardie tydstip deur die Jode gehaat is. Sy het alleen na die put gekom, nie soos wat die gebruik van die tyd was om saam met ander vroue te wees Sy kom alleen omdat die ander vroue haar vermy het. Die tyd van die dag vir haar optrede is ook buitengewoon. Sy kom na die put in die middel van die dag, wanneer dit op die warmste buite is – dit is die tyd van die dag wat niemand op straat wil wees nie. Laastens, haar privaat lewe is ook sosiaal minder aanvaarbaar.

Jesus vra vir haar water om te drink – na alles was Hy net ‘n mens wat ook dors gekry het. Die vrou besef onmiddellik dat hierdie geen gewone dag is nie. Dit is ondenkbaar dat 'n Joodse man met ‘n vrou sou praat, wat nog te sê met ‘n Samaritaanse vrou; en nie net praat nie, haar boonop 'n guns vra. Jesus sê toe vir haar dat as sy geweet het wie Hy is wat met haar praat, sou sy Hom vir lewende water gevra het. Sy vind dit eerder vermaaklike, want sy vra hom waar hy dink hy gaan hierdie water gaan kry, as hy nie eens 'n emmer en tou het om die water uit die put te trek nie. Jesus het egter ‘n ander soort water in gedagte. Hy bied lewende water aan, wat wanneer mense dit vir die eerste keer proe, dit anders is as enige ander water wat hulle ooit gedrink het. Hierdie lewende water sal ook die mens se dors vir ewig stil. Hy voorsien Lewe!

Sy vra Hom om vir haar ‘n bietjie van daardie water (lewende water) te gee, en redeneer dat as sy dit het, sal sy nooit weer hoef te kom na die put om water te kry nie. Dit is nie wat Jesus bedoel het nie. Hierna vra Jesus haar om haar man te gaan roep - Hy wil aan beide die vrou en haar man die water wat van Hom was, gee. Sy sê vir Jesus dat sy geen man het nie. Hy sê onmiddellik vir haar dat sy reg was. Sy wa nie getroud nie, en die man saam met wie sy tans was, die sesde een, was ook nie haar man nie. Die vrou was geskok dat Hy so baie van haar weet. Jesus is God en Hy weet alles van jou lewe af!

Die bose werke van die duiwel

Die duiwel wil nie hê jy moet jou aan jou begeerte onderwerp deur Jesus as Redder en Saligmaker te aanvaar nie. Die Duiwel is die vyand, en wil nie hê dat mense die Liefde van God ervaar nie. Die bedrieër, soos hy genoem word, wil nie hê jy moet God se liefde beleef nie.

10Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.Johannes 10:10

Hoe weet ek dat ek Jesus nodig het?

Is jy gelukkig met jou situasie vandag? Miskien het jy alles wat jy besit het, verloor. Dit kan materiële dinge wees, familie, gesondheid, of selfs jou werk. Miskien besef jy nie hoe geïsoleerd jy is nie – miskien is jy tans soos die vrou by die put. Jy mag dalk vandag hierdie gedeelte lees terwyl jy so desperaat voel. Ons weet nie wat jou situasie is nie, alleen jy weet. Selfs verstaan jy nie jou eie behoefte nie, Jesus verstaan wie jy is en wat jy nodig het.

Hoe word ons geskei van die liefde van God?

Om hierdie vraag te kan beantwoord moet ons Bybelse gebeure in perspektief sien. Al hierdie gebeure het daartoe bygedra dat die man na ‘n Verlosser soek.

  1. Van die begin van die geskiedenis, na die sondeval van die mens, is alle mense – mans en vroue, beklee met sonde en kan nie God se standaard vir heiligheid, ontmoet nie. Ten spyte van Sy liefde vir ons, verhoed die sonde ons om hierdie Liefde in ons lewens, te aanvaar. Wat is die rede hiervoor? Adam en Eva het die kans gehad om vir ewig in Eden te lewe. Alles was vir hulle in plek gestel. Maar van die begin af het die duiwel, wat in dieselfde tuin gewoon het, maar vermom as 'n slang, 'n plan gehad om die mens en sy vrou, te mislei.  Die Duiwel mislei, nie deur 'n leuen te vertel nie, maar deur spesifieke woorde te gebruik, onsekerheid laat ontstaan of die waarheid regtig waar is. Hy het vir Eva gevra of dit waar was dat God gesê het dat hulle nie die vrugte kon eet van die boom wat God vir hulle uitgewys het nie. Die duiwel het met 'n sluwe vraag gekom en Eva was nie seker hoe om dit te antwoord nie. So het sy die  verkeerde keuse gemaak:
6Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van die vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. 7Toe gaan al twee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaar gewerk en vir hulle skorte gemaak. – Genesis 3:6-7
  1. Die daad van sonde gedoen deur een persoon, het daartoe gelei dat almal wat daarna sou kom, ook skuldig was aan dieselfde oortreding. Die gevolg is dat die mens eenvoudig nie goed kan wees nie. Tot op hierdie dag is daar niemand wat inherent goed is nie, nie eens jy, selfs al is jy ‘n gelowige en leef jy volgens al die reëls. So het die optrede van een persoon, die ondergang van die hele mensdom mee gebring. In dieselfde lig, het Een Persoon se optrede, die sonde van die hele mensdom op Hom geneem.
19Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. – Romeine 5:19
  1. Ons het nie gekies om sondaars te wees nie. Ons is as sondaars gebore. Dit is die ongelukkige gevolg van die val van die mens.
23want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, – Romeine 3:23
  1. Ons het nie gekies om sondaars te wees nie. Ons is as sondaars gebore. Dit is die ongelukkige gevolg van die val van die mens.
12Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het – Romeine 5:12
  1. Ons is dood in ons sondes, so dood dat ons dit nie eens besef nie. Dit is eers wanneer jy deur genade gered is, en terug kyk, dat jy geskok staan oor alles wat jy gedoen het. Daar en teen, sien die sondaar dit nie so nie - vir hom/haar is alle optrede aanvaarbaar.
1En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes – Efesiërs 2:1
  1. Ons is slawe van ons sondes en begeertes. Jy het 'n slaaf geword van wat jy aanhou doen. Jy is vasgevang in die Duiwel se strik en dit lyk nie of daar 'n uitweg is nie
20Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid – Romeine 6:20
  1. Die duiwel verblind ons van ons sondes, sodat ons nie kan of wil, sien wat ons sonde is nie.
3Maar as ons evangelie nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie. – 2 Korinthiërs 4:3-4
  1. Ons is ongehoorsaam en selfs wanneer ons probeer om ‘n skoon lewe te ly, kan ons nie. Ons hou daarvan om ons sonde weg te steek, sodat niemand daarvan weet nie. Teenstrydig hiermee is dat ons openlik sonde doen, en almal daarvan kennis neem.
19En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. – Johannes 3:19
  1. Ons verstaan nie die heiligheid van God nie en daarom kan ons Hom nie behaag nie.
8En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; – Romeine 8:8

Die punte hierbo genoem word met tostemming gebruik en die oorspronklike teks is hier beskikbaar. My dank is verskuldig aan die oorspronklike skrywer wa toegelaat het dat sy teks ten dele hier gebruik kon word.

Besef jy nou dat jy 'n behoefte het aan die lewende water wat net Jesus kan voorsien?


Stuur vir 'n vriend  Hoofbladsy