Privaatheid van persoonlike inligting op die Johannes Hoofstuk Drie webwerf

Inligting wat deur hierdie webwerf gestoor word
Hierdie webwerf genereer of stoor geen persoonlike inligting nie. Geen aanteken of registrasie is nodig om die webwerf te gebruik nie. Die enigste geleentheid waar 'n persoon se inligting beskikbaar sal wees is wanneer 'n leser die kontakvorm voltooi en 'n naam en eposadres verskaf. Dit stel ons in staat om op die navraag te reageer. Sodra die navraag voltooi is, word die epos uitgevee.
Die gebruiker se webleser mag moontlik tydelik 'n klein stukkie inligting ("cookie") stoor. Hierdie inligting word deur die Cloudflare CDN verskaf ten einde statiese inligting soos foto's en grafika vinniger aan die webleser te verskaf. Omdat die Cloudflare CDN nie deel van die Johannes Hoofstuk Drie domein is nie, is dit nodig om die rekord van die statiese inligting as verwysing te stoor. Gebruikers kan enige tyd die inligting uitvee. Die enigste nadeel sal wees dat wanneer die leser die webwerf die volgende keer besoek, die inligting stadiger sal aflaai. Daar is geen risiko deur die inigting permanent te stoor nie. Meer inigting oor die Cloudflare beleid is hier beskikbaar.
Indien daar enige navrae in hierdie verband is, kontak ons gerus op die Kontak ons skakel hieronder.