Hoe om die Johannes Hoofstuk Drie webwerf te gebruik

Inligting beskikbaar op die webwerf
Die inhoud wat op hierdie webwerf beskikbaar is, het ten doel om mense na 'n voller verstaan van God se liefde vir die mens te lei, en na die aanvaarding van Jesus Christus as hulle enigste Verlosser en Saligmaker. Dit word op 'n eenvoudige manier aangebied, soos dit deur die skrywer verstaan word, op grond van sy studie van die Woord van God. Die skrywer beskik oor 'n volwaardig erkende kwalifikasie in Teologie.
Die webwerf bestaan uit twee kompontente:
- God se reddingsplan vir die mens, op 'n eenvoudige manier uiteengesit, en sluit die sondaarsgebed in; en
- artikels oor geestelike groei wat aanlyn gelees kan word op afgelaai kan word om later te bestudeer.
Die webwerf publiseer nie inhoud gebaseer op politieke of denominele voorkeur nie. Die inhoud is soos wat dit in die Woord van God verskyn. Indien 'n leser nie tevrede is nie met die inhoud omdat dit nie inpas by hulle politieke of denominele oortuigings nie, is hulle welkom om die webwerf te verlaat en alternatiewe bronne te bestudeer.
Aan die einde van die dag is die Woord van God die finale outoriteit. Jy moet self die Bybel lees, bestudeer en ondersoek instel, op grond van die inhoud daarvan, niks meer nie. Die inhoud van die webwerf is beskikbaar om teksgedeeltes te verduidelik soos wat dit in ons tyd realiseer.
Lesers is meer as welkom om die skrywer te kontak sou hulle meer wil weet. Sinnelose argumente sal egter nie gevoer word nie, soos per die instruksie van die Woord (2 Timotheüs 3:3-5).
Indien daar enige navrae in hierdie verband is, kontak ons gerus op die Kontak ons skakel hieronder.