Bereken die koste

Wat gaan dit jou kos om Jesus te volg?
By vele geleenthede het ons die belangrikheid benadruk om die koste te bereken om Jesus te volg. Aan die een kant het God die Vader deur Jesus voorsiening gemaak vir ons redding. Aan die ander kant egter, is ons bereidheid om die eie ek en sy begeertes neer te lê:
2Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. – Galasiërs 2:20
Die eerste gedeelte van hierdie teks is sekerlik die moeilikste wat 'n Christen gelowige moet doen – om die eie ek en sy begeertes op die kant te skuif en homself totaal aan die wil van Christus oor te gee, Wie in hom leef.