Apostoloiese geloofsbelydenis

Waarin glo ons?
Die geloofsbelydenis is nie deur die apostels geskryf nie, en is eers na hulle dood saamgestel. Die geloofsbelydenis verskyn nie in die Bybel nie, maar het betrekking op al die dogmatiese aspekte.
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, Skepper van hemel en aarde, en in Jesus Christus, Sy Seun, ons Here: wat ontvang is van die Heilige Gees, wat gebore is uit die maagd Maria, gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig, gestorwe en begrawe is, en neergedaal het na die hel. Wat op die derde dag opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel, en sit aan die regterhand van God die Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel, die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees, 'n algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sonde, en die opstanding uit die dood, en 'n ewige lewe.