Hebreërs 12 volg op die vorige hoofstuk, en dien as 'n voorbeeld vir jou om nie op te gee nie..

Hoe spreek Hebreërs 12 jou aan?
Hedendaagse predikers wil nie meer oor sonde preek nie omdat hulle bang is dat dit mense sal afskrik. Baie duidelik was die skrywer van Hebreërs nie bang vir mense se opinies nie. Ek ook nie. Kom ons gebruik Hebreërs 11 om sin aan Hebreërs 12 te gee.
Die Montanapark selgroep se tema vir 2026 is “Geloog in Aksie”. Ons het verlede jaar begin met ‘n studie oor die skrywe aan die Hebreërs. Vir die eerste byeenkoms van 2026 moes elke lid twee kaartjies trek, waar elke kaartjie ‘n teksvers uit Hebreërs 11 is, wat die verskillende geloofshelde aandui. Hulle sal hulle eie aanbiedings deur die loop van die jaar doen. Vir die tweede week het die selgroepleier gefokus op hierdie “wolk van getuies” en hoe ons dit prakties kan toepas.
- Die wolk van getuies is diegene in Hebreërs 11:1-40. Ons het hulle as ‘n voorbeeld van wat dit beteken om geloof te openbaar en enduit vol te hou, selfs al sien ons nie altyd die nut daarvan nie. Hulle het wel die nut van volharding gesien. Ons word gemaan om:
- elke las af te lê;
- die sonde af te lê; en
- die wedloop met volharding loop.
- Ons fokus is op Jesus Christus.
- Wat het Hy gedoen? Hy is die
- Leidsman – die Een wie voor loop, die Herder van Psalm 23;
- Voleinder – ons geloof word sleg in Hom verwesenlik; en
- Redding van die mensdom.
- Hiervoor het Hy:
- die kruis verdra;
- die skande verag; en
- aan die regterkant van God op die troon gaan sit waar Hy vir ons plek berei (Johannes 14:2) en vir ons intree (Romeine 8:34 en Heb 7:25).
- Wat het Hy gedoen? Hy is die
- Ons moet daarop let dat Hy die teëspraak (teenkanting) van sondaars verdra het (nie eers regverdiges nie, want almal het gesondig, Romeine 3:23). Die rede hiervoor is sodat ons nie geestelik moeg word nie.
- Ons het dit heeltemal te gemaklik oor sonde. Ons neem dit nie ernstig genoeg op nie. Ons het nog nie daarteen baklei asof ons lewens daarvan afhang nie. Dikwels mislei ons onsself oor die gevolge van sonde. Sien 1 Johannes 1:8. Wat ons hieraan moet doen lees ons in 1 Johannes 1:9. Doen ons dit nie, maak ons van die Waarheid (Joh 14:6) ‘n leuenaar.
- Ons voorbeeld is Spreuke 3:11. Ons moenie
- sy tugtiging as onbelangrik afmaak (verag); en
- gaan lê/opgee (beswyk) as ons bestraf word nie. Waarom nie?
- Want die Here tugtig die wie Hy liefhet. Sien Spreuke 3:12.
- As ons die straf verduur, behandel Hy ons as sy eie kinders. (Sien Deuteronomium 8:5)
- As ons nie onder sy tugtiging wil wees nie, is ons onegte, buite egtelike kinders en dan behoort ons nie aan Hom nie.
- As ons ons eie vaders (met eerbied) gevrees het, hoeveel te meer nie God nie?
- Dat Hy ons tugtig is vir ons eie voordeel. Waarom? Sodat ons heilig kan wees soos Hy heilig is. Sien Psalm 119:75, 1 Petrus 1:16, Levitikus 11:44, 19:2 en 20:7. Heiligheid is ‘n opdrag!
Dit is waaroor die voortdurende fokus op sonde is: ons heiligmaking en om sy heiligheid deelagtig te wees.
Wat nou?
Die vraag is dit: Wat gaan jy aan die sonde in jou lewe doen? Lees 1 Johannes 1:5-10 en pas vers 9 toe. Kyk mooi wat die vers sê. Daar is ‘n voorwaarde (As) en ‘n gevolg (om).