Lewenslesse uit Hebreërs: Josef

Dokumentasie Geplaas op Woensdag, 11 Februarie 2026

Lewenslesse uit Hebreërs: Josef

Hebreërs 11:22

Josef is een van die belangrikste figure in die Ou Testament. Lees Genesis 37–50. Sy lewensverhaal fokus sterk op drome, beproewing, lyding, vergifnis, en God se soewereine plan. Josef se lewe wys hoe God selfs menslike sonde en onreg kan gebruik om sy doel te bereik.

  1. Agtergrond oor Josef
    1. Ouers: Josef was die seun van Jakob (ook Israel genoem) en Ragel.
    2. Spesiale posisie: Hy was Jakob se gunstelingseun, omdat hy die seun van sy geliefde vrou Ragel was en ook later in Jakob se lewe gebore is.
    3. Kleurvolle kleed: Jakob het vir Josef ’n spesiale kleed gegee, wat sy broers se jaloesie aangeblaas het.
    4. Drome: Josef het drome ontvang wat daarop gedui het dat sy familie eendag voor hom sou buig. Hy het hierdie drome met sy broers gedeel, wat hulle woede en haat verdiep het.
  2. Familie en Konflik
    1. Broers se jaloesie: Josef se broers het hom gehaat weens Jakob se voortrekking en Josef se drome.
    2. Verkoop as slaaf: Hulle het hom uiteindelik aan handelaars verkoop wat hom na Egipte geneem het.
    3. Bedrog teen Jakob: Aan Jakob is voorgegee dat Josef deur ’n wilde dier doodgemaak is.
    4. In Egipte: Josef het eers as slaaf gewerk, toe onregverdig in die tronk beland, maar later deur God se gawe om drome uit te lê opgeklim tot ’n hoë posisie onder Farao.
  3. Hoogtepunte en Laagtepunte in Josef se Lewe (Skematies)
    1. Laagtepunte
      1. Verwerp en verraai deur sy broers
      2. In ’n put gegooi
      3. As slaaf verkoop
      4. Onregverdig beskuldig deur Potifar se vrou
      5. In die tronk vergeet
    2. Hoogtepunte
      1. God se teenwoordigheid in Potifar se huis
      2. Guns in die tronk
      3. Uitleg van drome
      4. Aanstelling as onderkoning van Egipte
      5. Red baie mense van hongersnood
      6. Versoening met sy broers

Die Rol van Familie in Josef se Lewe

  1. Bron van pyn
    1. Josef se eie familie, veral sy broers, was die oorsaak van sy grootste lyding deur hom te verraai en te verkoop.
  2. Bron van roeping en versoening
    1. Josef se drome het direk met sy familie verband gehou en hulle was sentraal tot God se plan vir sy lewe.
    2. Tydens die hongersnood het sy broers na Egipte gekom om kos te soek. Sonder om hom te herken, het Josef hulle getoets.
    3. Vergifnis en herstel
      1. Josef het homself uiteindelik aan sy broers bekend gemaak en hulle vergewe.
      2. Hy het sy hele familie na Egipte laat kom om hulle van die hongersnood te red.
      3. Sy bekende woorde som dit alles op: “Julle het wel kwaad teen my beplan, maar God het dit ten goede beplan.” (Genesis 50:20)

Josef as Geloofsheld in Hebreërs 11:22

“Deur die geloof het Josef, aan die einde van sy lewe, melding gemaak van die uittog van die kinders van Israel en opdrag gegee aangaande sy gebeente.”

Josef word in Hebreërs 11 nie onthou vir sy sukses of sy drome nie, maar vir sy geloof in God se beloftes aan die einde van sy lewe. Hoewel hy in Egipte in eer en mag gesterf het, het hy geglo dat God sy volk sou bevry en hulle na die beloofde land sou neem. Daarom het hy beveel dat sy gebeente saamgeneem moet word wanneer Israel Egipte verlaat — ’n daad van geloof wat eers ongeveer 400 jaar later vervul is.

Kern boodskappe uit Josef se Verhaal

  1. Vergifnis is moontlik selfs na diep verraad.
  2. God kan moeilike omstandighede gebruik vir ’n groter doel.
  3. Familie kan beide seermaak en genees.
  4. Getrouheid en integriteit word uiteindelik beloon.
  5. Ware geloof vertrou God se beloftes, selfs wanneer dit nie onmiddellik vervul word nie.

Lees Génesis met betrekking tot Josef en voltooi die skematiese uitbeelding aan die hand van hoogte en laagte punte in sy lewe. Noem net die gebeure.

Josef se diagram

Stuur vir 'n vriend  Hoofbladsy