Lewenslesse uit Hebreërs: Moses

HEBREËRS 11:23 – MOSES
Belangrikste boeke oor Moses se lewe
- Exodus – Die kern van Moses se verhaal
- Levitikus – Moses as leier en middelaar
- Númeri – Woestynreis
- Deuteronomium – Einde van Moses se lewe
Ander belangrike gedeeltes:
- Génesis – Agtergrond tot Moses. Verhale van Abraham, Isak, Jakob en Josef. Verduidelik hoe Israel in Egipte beland het
- Psalm 90 – Gebed van Moses
- Matthéüs, Handelinge, en Hebreërs – Verwys terug na Moses se rol en betekenis
Agtergrond: Slawerny en God se verborge plan
Die Israëliete het in Egipte gewoon.
“Die Israëliete was vrugbaar en het vermeerder. Hulle het baie geword, so baie dat die land vol was van hulle. Toe ‘n nuwe koning wat nie van Josef geweet het nie, oor Egipte begin heers, het hy vir sy volk gesê: Besef julle dat die Israëliete nou meer en sterker is as ons? Kom ons bedink ‘n plan teen hulle sodat hulle nie kan vermeerder nie. Anders kan dit gebeur dat as daar oorlog uitbreek, hulle dalk by ons vyand aansluit om teen ons te veg en ons land te oorweldig. Daar is toe slawedrywers oor hulle aangestel om hulle met dwangarbeid te onderdruk.” – Eksodus 1:7–11, 2020 Vertaling
- Hulle moes met bakstene en klei harde arbeid verrig
- Hulle het geen vryheid gehad nie
“Maar hoe meer die Israëliete onderdruk is, hoe meer het hulle geword en hoe meer het hulle oor die land versprei, in so ‘n mate dat die Egiptenare baie bang geword het vir hulle.” – Eksodus 1:12, 2020 Vertaling
God werk dikwels lank voordat ons Hom raaksien
Farao se wrede bevel
Farao het bang geword vir die groei van Israel en het bevel gegee dat die vroedvroue elke seuntjie wat gebore word dood maak.
“Daarna het die Farao sy hele volk beveel: Julle moet elke pasgebore seuntjie in die Nyl gooi, maar spaar die dogtertjies se lewe.” – Eksodus 1:22, 2020 Vertaling
Moses se lewe begin onder ‘n doodsvonnis
Geboorte en familie
‘n Man uit die huis van Levi was met ‘n Levitiese meisie getrou (Eksodus 2:1). Amram het met Jogébed, ‘n tante van hom, getrou (Eksodus 6:19).
“Die naam van Amram se vrou was Jogébed, ‘n Levitiese vrou. Sy is in Egipte vir Levi gebore. Sy het vir Amram Äron, Moses en hulle suster Mirjam in die wêreld gebring.” – Numeri 26:59, 2020 Vertaling
- Hulle was gewone mense
- Maar hulle was mense van geloof
- Hulle het hulle kind as ‘n gawe van God gesien
“Toe sy sien dat hy mooi is, het sy hom drie maande lank weggesteek.” – Eksodus 2:2, 2020 Vertaling
Geloof sien wat God sien
Beskerming en God se voorsiening
“Langer kon sy hom nie wegsteek nie. Daarom het sy vir hom ‘n biesiemandjie gekry en dit met klei en pik dig gemaak. Sy het die seuntjie daarin neerlê en dit tussen die riete aan die kant van die Nyl gesit.” – Eksodus 2:3, 2020 Vertaling
God se voorsiening ontvou merkwaardig:
- Farao se dogter ontdek hom
- Sy kry medelye: “Dit is een van die Hebreeuse seuntjies.” (Eksodus 2:6)
- Moses se eie ma word sy oppasser
“Toe beveel die farao se dogter die ma: Neem hierdie seuntjie en laat hom vir my drink. Ek sal jou daarvoor betaal. Die vrou het die seuntjie geneem en vir hom gesorg. Toe hy oud genoeg was, het sy hom na die dogter van die farao toe gebring, wat hom as haar eie seun aangeneem het. Sy het hom Moses genoem, want, het sy gesê, ek het hom mos uit die water gehaal.” – Eksodus 2:9–10, 2020 Vertaling
God beskerm en posisioneer lank vóór jou roeping
Paleislewe – Identiteitstryd
Moses het grootgeword in die Egiptiese paleis:
- Hy was opgevoed as ‘n prins
- Maar hy was ook ‘n Hebreër
- Innerlik het hy begin besef wie hy werklik is
“Toe Moses al ‘n volwasse man was, het hy op ‘n keer na sy eie mense toe gegaan en gesien dat hulle dwangarbeid verrig. Hy sien toe hoe een van sy eie mense, ‘n Hebreër, deur ‘n Egiptenaar geslaan word.” – Eksodus 2:11, 2020 Vertaling
God gebruik jou agtergrond as voorbereiding
Eerste fout: Moord en vlug
“Nadat Moses rondgekyk het en niemand gewaar het nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom onder sand toegekrap.” – Eksodus 2:12, 2020 Vertaling
- Optrede uit eie krag
- Nie God se tyd of manier nie
Toe Farao daarvan hoor, probeer hy om Moses dood te maak, maar Moses gevlug na die land Mídian (Eksodus 2:15). Mídian was ‘n seun van Abraham en Ketúra (Génesis 25:1–2). Die Midianite was dus verwant aan Israel, maar nie deel van die verbondsvolk nie.
God se plan werk nie deur impuls en eie krag nie
Mídian – Vormingstyd
Moses het van ‘n prins in Egipte verander na ‘n nederige skaapwagter. Moses se vlug na Mídian beteken:
- Hy moes wegvlug van sy verlede
- Hy moes wagtyd en voorbereiding deurgaan
- Hy moes God persoonlik ontmoet
- Hy moes verander word voordat hy gebruik kon word
Mídian was nie die einde van Moses se roeping nie; dit was die begin van God se werklike werk in hom. God gebruik Mídian om:
- Moses se karakter te vorm
- Hom nederigheid te leer
- Hom afhanklikheid van God te leer
Die 40 jaar in Mídian was nie verlore tyd nie – dit was God se opleidingstyd.
God vorm jou in die onsigbare jare
Van selfvertroue na Godvertroue
- Vóór Mídian: Moses probeer self Israel red (Eks. 2:12)
- Ná Mídian: Hy voel onbekwaam en sê: “Wie is ek?” (Eks. 3:11)
God breek eers menslike selfvertroue voordat Hy iemand kragtig kan gebruik
Die brandende bos – Roeping
“Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in ‘n vlam binne-in ‘n doringbos. Terwyl hy kyk, sien hy dat die doringbos aanhou brand, maar nie uitbrand nie.” – Eksodus 3:2, 2020 Vertaling
“Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem. Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na ‘n goeie en uitgestrekte land, ‘n land wat oorloop van melk en heuning.” – Eksodus 3:7–8, 2020 Vertaling
“Daarom stuur Ek jou na die farao toe sodat jy my volk, die Israëliete, uit Egipte kan bevry.” – Eksodus 3:10, 2020 Vertaling
“Toe sê Moses vir God: Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israëliete uit Egipte sou bevry?” – Eksodus 3:11, 2020 Vertaling
Moses twyfel, maar God antwoord: “Ek sal by jou wees.” – Eksodus 3:12
God roep nie bekwames nie – Hy maak mense bekwaam
Konfrontasie met Farao
Moses gehoorsaam God:
“Daarna het Moses en Äron na die farao toe gegaan en gesê: So sê die Here die God van Israel: Laat my volk gaan om tot my eer ‘n fees in die woestyn te vier.” – Eksodus 5:1, 2020 Vertaling
“Maar die farao het geantwoord: En wie is die Here nogal dat ek na Hom sal luister om Israel te laat gaan? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!” – Eksodus 5:2, 2020 Vertaling
Tien plae tref Egipte (Eksodus 7–12). God wys Sy mag:
“Dan sal jy besef dat daar op die hele aarde niemand soos Ek is nie.” – Eksodus 9:14, 2020 Vertaling
God werk kragtig deur gehoorsaamheid
Rooisee – Verlossing
God maak die onmoontlike moontlik:
“Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die Here het daardie hele nag die water met ‘n sterk oostewind weggedryf, sodat die water oopgekloof en die see daar drooggelê is. Die Israëliete het op droë grond deur die see gegaan, en die water het weerskante van hulle soos ‘n muur gestaan.” – Eksodus 14:21–22, 2020 Vertaling
“Toe die water terugstroom, was die strydwaens en bemanning, die hele leërmag van die farao wat agter die Israëliete aan die see in is, tóé onder die water. Daar het nie een van hulle oorgebly nie.” – Eksodus 14:28, 2020 Vertaling
God maak ‘n weg waar daar geen weg is nie
Woestyn – Groei en verhouding
Veertig jaar van leiding:
- “Let nou mooi op. Ek sal elke keer vir julle kos uit die hemel laat reën. Dan moet die volk elke dag gaan en dié dag se voorraad optel.” – Eksodus 16:4, 2020 Vertaling (vgl. Matt. 6:11 – Gee ons vandag ons daaglikse brood)
- Water uit die rots (Eksodus 17:6)
“Die Here het direk met Moses gepraat soos ‘n man met sy vriend.” – Eksodus 33:11, 2020 Vertaling
Verhoudingsgroei in moeilike tye
Sinaï – Wet en intimiteit
God gee die wet (Eksodus 20:2–17). Die Tien Gebooie gee rigting vir die volk en intimiteit met God. Dus moet ons daagliks volgens dit lewe:
- Dien net die Here jou God – geen ander gode nie
- Moenie afgode maak of aanbid nie
- Gebruik God se Naam met respek
- Hou die Sabbatdag heilig en rus
- Eer jou ouers
- Moenie moord pleeg nie
- Moenie egbreuk pleeg nie
- Moenie steel nie
- Moenie lieg of vals getuig nie
- Moenie begeer wat aan ander behoort nie
God openbaar Homself aan dié wat naby Hom leef
Tweede fout: Die rots
“Toe lig Moses sy hand op en hy slaan die rots twee keer met die kierie. Daar het baie water uitgekom, en die volk en hulle vee het gedrink. Maar toe sê die Here vir Moses en Äron: Omdat julle My nie erken het en My, die Heilige, nie voor die Israëliete gehoorsaam was nie, sal julle hierdie volk nie inlei in die land wat Ek aan hulle gee nie.” – Numeri 20:11–12, 2020 Vertaling
Selfs leiers moet gehoorsaam bly
Einde en genade
“Moses het uit die Moab vlakte opgeklim na Neboberg toe, tot op die top van Pisgaberg regoor Jerigo. Die Here het hom die hele land gewys... Die Here het vir Moses gesê: Dit is die land wat Ek met ‘n eed beloof het aan Abraham en Isak en Jakob. Ek het gesê: ‘Ek gee dit aan jou nageslag.’ Ek het jou dit met jou eie oë laat sien, maar jy sal nie daarheen deurtrek nie.” – Deuteronomium 34:1–4, 2020 Vertaling
Moses het daar gesterf soos die Here beveel het (Deuteronomium 34:5). Hy eindig met ‘n sterk verhouding met God.
Herstel en eer
“En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elia in gesprek met Hom.” – Matthéüs 17:3, 2020 Vertaling
Hierdie vers beskryf die verheerliking van Jesus op die berg:
- Moses verteenwoordig die Wet
- Elia verteenwoordig die Profete
- Saam wys dit dat Jesus die vervulling is van alles wat in die Ou Testament belowe is
God se genade is groter as ons mislukkings
Moses wys na Christus
| Moses | Jesus |
|---|---|
| Bevry van slawerny | Bevry van sonde |
| Middelaar van wet (pleit vir sy volk by God) | Middelaar van genade |
| Lei Israel | Lei gelowiges |
Jesus is die finale Verlosser
Samevatting
Moses se swakhede:
- Moord
- Vrees en twyfel
- Ongehoorsaamheid
God se werk:
- Beskerming van geboorte af
- Geduld en tweede kanse
- Wonderwerke en voorsiening
- Dissipline met genade
Verhouding met God:
- Groei van vrees → intimiteit
- Soos ‘n vriend
- Lewe in afhanklikheid
Moses se lewe wys: ‘n Onvolmaakte mens + ‘n lewende verhouding met God = ‘n kragtige instrument in God se hand. God gebruik gebroke mense wat bereid is om Hom te vertrou en te volg.