In Hom lewe ons, beweeg ons, en is ons: Ons tree volkome onder God se beheer op

In Hom lewe ons, beweeg ons, en is ons: Ons tree volkome onder God se beheer opOns tree volkome onder God se beheer op

Geplaas op Vrydag, 14 Oktober 2022

Gister het ons geleer dat ons die eksklusiewe eiendom van Jesus is, verduidelik vanuit die oogpunt van my werksaamhede in ‘n vreemde land. Die buffer plakker wat ek op daardie tydstip gesien het, wat lees “Eu sou propriedade exclusiva de Jesus Cristo”, Portugees vir “Ek is die eksklusiewe eiendom van Jesus Christus”, is baie relevant tot die bespreking wat ons hierdie week het. Ons is onder God se beheer. Sommiges weerstaan dit want hulle wil hulle eie lot uitwerk. Ander weer verstaan dat dit die meer sinvolle ding is om te doen.

Terwyl hy besig is om aan vreemdelinge te verkondig in Athene, konfronteer Paulus hulle met die volgende:

28Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.” – Handelinge 17:28

Terwyl ek hierdie vers in die vorige week gelees het, het ek geen idee gehad dat die afgelope Sondag oggend se preek op dieselfde skrif sou fokus nie. Dit is nie nodig dat jy meer as twee maal deur hierdie waarheid gekonfronteer word nie, om te verstaan dat God probeer om iets vir jou te vertel. Laat ons dit meer volledig bekyk.

Wanneer jy Handelinge 17:15-34 bestudeer, sal jy vind dat Paulus se gehoor grotendeels afgodedienaars was (Handelinge 17:16), en Jode (Handelinge 17:17) wat so vasgevang is in hulle weë dat geeneen bereid was om na sy argument ten gunste van die evangelie te luister nie. Hy vertel vir hulle met verwysing na die altaar “aan ‘n onbekende God” wat hy gesien het, dat dit die God is wat deur almal geken kan word. Hy maak die stelling dat in God, en dus in Sy Seun Jesus Christus, ons op drie maniere optree: ons lewe in Hom; ons beweeg in Hom; en ons hele wese is in Hom. Paulus voeg by wat iemand anders gesê het: Ons is Sy nageslag, Sy kinders.

Want in Hom lewe ons

In God, en in God alleen, kan ons waarlik lewe. Om waarlik te lewe, het ons nodig om te floreer. Ons oorleef nie maar net van dag tot dag nie, maar ons lewe ‘n betekenisvolle lewe wanneer ons weet dat Hy ons bron van lewe, ons voeding, en ons lewe is. Paulus beskryf dit as volg in sy brief aan die Kolossense:

4Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. – Kolossense 3:4

Diegene wat buite Christus is mag dalk aanspraak maak daarop dat hulle betekenisvolle lewens leef, nogtans is daar ‘n diep onderliggende verlange na iets meer. Vra maar enigiemand wat onlangs tot geloof in Jesus Christus gekom het. Paulus stel dit hier dat Jesus Christus ons lewe is. Johannes skryf in Hom was lewe (Johannes 1:4). Hierdie stelling is wel in die verlede tyd maar nie in die sin dat dit afgehandel is nie. Hy het slegs die opgetekende feite vermeld. Hoe kan ons die lewe wat ons in Christus het definieer?

Die volgende toon ons afhanklikheid op God:

  • bron – die bron van lewe is die Skepper van die heelal (Handelinge 17:24)
  • substansie – die ware gelowige dink en leef Christus in sy lewe (1 Petrus 4:1)
  • voedsel – Jesus is die Een wat ons voed, die brood vanuit die hemel (Johannes 6:41)
  • vertroosting – ons vind gerusstelling (vertroosting) in Hom (2 Korinthiërs 1:5)
  • doel – ons vind in Hom ons mikpunt, ons strewe in die lewe; om soos Hy te wees (1 Johannes 3:2)

beweeg ons

In Hom handel ons daagliks. Diegene wat nie in God of Sy Seun glo nie, sal vir jou vertel dat hulle in hulle eie krag optree en God nie nodig het nie. Op die einde van die dag egter, sal hulle eie krag nie genoegsaam wees nie. Hoe treurig moet dit wees om te probeer om jou lewe in jou eie krag te leef, net om aan die einde te besef dat jy die ware Bron van lewe totaal gemis het.

Ons beweeg in die sin van al ons aksies en hoe ons dink. In Hom vind ons die energie om aan te gaan wanneer die lewe woes raak, en ons vind die geestelike krag om daaglikse versoeking te oorkom.

Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

30Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; 31maar die wat op die HERE wag kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. – Jesaja 40:30-31

Wat ons ook al dink en doen moet geskoei wees op Hom wat ons die krag gee om dit te doen.

en is ons (het ons wese)

Ons is slegs volmaak wanneer ons op God vertrou om ons te voed. Ons is in Hom, en ons hele bestaan is in Hom. Die woord “wees” is teenswoordige tyd en dit beteken om te bestaan. Dus, alles wat ons is, bestaan in Hom. Buite Hom het ons geen doelgerigte bestaan, en geen hoop nie. Nêrens word ons vertroue op hoop beter beskryf as deur Paulus se brief aan Titus:

11Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, 13terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, 14wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. – Titus 2:11-14

Terwyl in Hom lewe ons en het ons wese, ons fokus is op Hom en om Hom te ontmoet. Dit maak nie saak of hierdie sal wees wanneer ons as enkelinge sterf en Hom in die hemel ontmoet, en of ons Hom saam ontmoet met Sy verskyning, die wegraping van die kerk.

Slotsom

As jy kennis geneem het van die vorige les, dat jy die eksklusiewe eiendom van Jesus Christus is, is dit nie wonderlik om te dink dat God jou nie maar net op aarde plaas om ‘n eensame bestaan te voer nie? Inteendeel, Hy maak dit moontlik vir jou om nou ‘n lewe te leef wat werd is om te leef, wanneer jy jou vertroue in Hom stel vir alles – jou hele wese. Die laaste gedeelte van Handelinge 17:28 wat ons nog nie eers genoem het nie, was gehou vir laaste: ons is Sy nageslag, Sy kinders, en Hy is lief vir ons. God se liefde vir die mensdom is die sentrale tema van God se Woord.

In hierdie komende week, leef, beweeg, en wees in Hom asof dit jou laaste week op hierdie planeet is, wetende dat Hy jou liefhet. In Hom het jy alles wat jy ooit nodig kan hê, jy is kompleet:

10En julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; – Kolossense 2:10

Lees in PDF formaat