Hoe om God se liefde vir ons te ervaar: Johannes 3:16 is die sleutel

Die verhouding wat God die Vader met die mens het, is uniek
Wat leer die Bybel ons aangaande God se verhouding met die mens? Johannes Hoofstuk drie vertel van Nikodémus, 'n baie senior Joodse leier en 'n Fariseër, wat Jesus een nag gaan sien en vir hom sê dat die Joodse leiers Jesus as 'n groot leermeester erken. Voor hy kan voortgaan, stel Jesus die toon vir die res van die bespreking - niemand sal die Koninkryk van God sien nie, tensy hy weergebore is. Nikodémus is verbaas hieroor en vergelyk dit met 'n persoon wat terug moet gaan in die baarmoeder van hulle moeder. Jesus gaan aan en sê dat tensy iemand gebore word uit water en gees, sal hy nie die Koninkryk van God binnegaan nie. Hy is dan kontraste gebore uit die vlees (natuurlike mens) met gebore uit die gees (geestelike mens).
Jesus sê vir hom dat as 'n gerespekteerde godsdienstige leier en leraar van Israel, is Nikodémus veronderstel om dit te weet. Dan vertel hy vir Nikodémus dat soos wat Moses die slang in die woestyn verhef het, so moet die Seun van die mens (Jesus) verhef word sodat diegene wat in Hom glo nie sal vergaan nie, maar die ewige lewe mag kry. Jesus bevestig dit dan met die volgende:
16Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. – Johannes 3:16
Miskien is dit vir jou die eerste keer om hierdie teksvers te lees. In hierdie teksvers is opgesluit die kragtige en alles oorweldigende liefde wat die Vader vir die mens het.
Kom, laat ons in detail na dié teksvers kyk.
- Want so lief het God die wêreld gehad
- God is die Vader, die hoogste gesag in die Drie-eenheid.
- Lief gehad - verwys na 'n verlede tyd handeling - God het die mens reeds lief gehad nog voor die Skepping, en nog voor die mens kon probeer om God te beïndruk met goeie werke en dade. God het nie op die mens gewag om Hom aan te neem nie - God het die mens eerste lief gehad, onvoorwaardelik.
- Die Vader se liefde is nie net van toepassing op sommige mense nie - Sy liefde is vir die hele wêreld, en vir alle mense, ongeag ras, geslag, agtergrond en herkoms.
- Hierdie liefde van God die Vader is die hoogste vorm van liefde wat enige iemand vir 'n ander kan hê.
- dat Hy sy eniggebore Seun gegee het...
- Hy gee, soos in 'n geskenk gee aan iemand, Sy enigste Seun, Jesus. Jesus is God se geskenk aan die wêreld. Die geskenk is gratis. Al wat ons as mens moes doen, is om daardie geskenk vir onsself te neem.
- Jesus is God se enigste Seun - dus God gee aan die mens die grootste geskenk wat Hy het. Jesus is nie 'n plaasvervanger nie - Jesus is die beste wat God vir ons as mens, in pag het.
- Hierdie geskenk, Jesus, is die grootste geskenk wat Iemand nog ooit vir iemand anders gegee het.
- sodat elkeen wat in Hom glo...
- Die woord elkeen verwys na 'n ieder en elk - elke mens wat ooit die aarde sal betreë. Hierdie begrip sluit ook in myself, en ook vir jou, al is dit die eerste keer in jou lewe dat jy met hierdie teksvers te doen kry.
- Elkeen wat in Hom glo, nie in iemand anders nie.
- Hierdie is die grootste groepering van mense.
- nie verlore mag gaan nie...
- Om 'verlore te gaan', beteken om sonder redding te sterf.
- Om dus nie verlore te gaan nie beteken om gered te word.
- Hierdie is die hoogste vorm van redding uit die hel.
- maar die Ewige Lewe kan hê.
- Om iets te hê, beteken jy is eienaar daarvan. Dit is 'n afgehandelde aksie. Die gebeure is voltooi.
- Ander wêreldse religieë fokus op die idee van 'n moontlike ewige lewe, indien die bepaalde god tevrede was met die individu se werke - dus daar is geen sekerheid vir die individu nie.
- Die Ewige Lewe wat God ons beloof, deur Sy Seun, Jesus, is ewigdurend, dit is 'n vaste belofte en staan buite tyd - dié Ewige Lewe is vir ewig en ewig.
- Hierdie is die hoogste vorm van eienaarskap.
Waarom het God hierdie geskenk aan die mens gegee?
Om te verstaan hoekom God hierdie geskenk van Jesus, en daarmee saam die Ewige Lewe, aan die mens gegee het, moet die teksvers in konteks gelees word.
17Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 18Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. 19En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. 20Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. 21Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. – Johannes 3:17-21
- God het Jesus nie na die wêreld gestuur om die mense te veroordeel Ware liefde veroordeel nie, ongeag die omvang van die sonde. Ware liefde het onvoorwaardelik lief.
- Hy het Sy Seun gestuur, dat deur Jesus die wêreld gered kon word.
- Daar is vir elke individu in sy lewe twee keuses:
- óf jy aanvaar Jesus in jou lewe, en is gered en het deel aan die belofte van die ewige lewe,
- óf jy verwerp Jesus se genade en ewige lyding en vernietiging is jou deel.
Die mens moet self die keuse in sy lewe maak. Jy besluit vir Hom, of jy besluit teen Hom. Daarna sal jy die gevolge moet dra van jou besluit.
Jesus se opdrag om na die wêreld te kom, was nie net om die mense van hulle sonde te red nie. Om die mens van sy sonde te red, moes Jesus sterf. Hy het deur Sy kruisdood, die sonde van die wêreld op Hom geneem, sodat ons vrygemaak is van ons sonde.
Om hierdie konsep beter te verstaan, die volgende voorbeeld: jy skuld die bank geld. Jy kan nie die geld terugbetaal nie, met die gevolg dat jy nou in die moeilikheid is, en moontlik alles wat jy besit kan verloor, om sodoende jou skuld te delg. 'n Vreemdeling hoor van jou probleem en bied uit eie keuse aan om jou skuld vir jou te betaal. Miskien is jy aanvanklik nie geneë daartoe nie, want hoe kan iemand sy eie geld wil gebruik om jou uit jou finansiële krisis te red. Later stem jy in, want jy besef dat hierdie optrede van die vreemdeling, vir jou geen risiko inhou nie: jy verskaf jou bankrekening nommer aan die persoon, en die skuld word afbetaal. Die bank is tevrede; jy verloor nie jou besittings nie, en boonop maak jy 'n vriend vir lewe.
Om hierdie voorbeeld in die konteks van Johannes 3:16 te sien: die geld wat jy skuld is jou sonde. God is Heilig en verdra nie sonde nie. As gevolg van jou sonde, staar jy 'n sonde dood in die gesig. God die Vader het jou lief, daarom stuur hy sy Seun, Jesus, na die wêreld, om hierdie sondeskuld van jou te betaal. Om die sonde van jou weg te neem, moes Jeus aan die kruis sterf, Jesus neem jou sonde op Hom, en met Sy lewe betaal Hy vir jou sonde aan die kruis. Daarna is jy skoongewas van jou sonde.
Die wonder van Jesus se koms na die wêreld is meer as net Sy kruisiging- Jesus het die dood oorwin. Hy het uit die dood opgestaan - Hy leef! Jesus het die mag van die dood oorwin, daarom dat die dood geen vrees inhou vir hulle wat in Jesus sterf nie.
God die Vader se liefde was so groot, dat die redding van die mens uit sy sonde, voorop gestel is. Die feit dat Jesus sou moes sterf vir die mens se sonde, is n bewys dat God die Vader die mens se redding vooropgestel het.
Hoe kan ek in Hom glo?
Daar is vier stappe:
- Besef dat jy 'n sondaar is
- Bely jou sonde
- Bid en vra dat Hy jou sonde vergewe
- Ontvang die redding uit Sy Hand.
Die video hieronder verduidelik Johannes 3:16 op 'n treffende manier. Kyk gerus daarna. Volg hulle YouTube kanaal.