Dokumentasie Geplaas op Woensdag, 22 Julie 2026

Koop die tyd uit

Wat beteken dit om die tyd uit te koop? Kom ons gaan kyk wat die oorspronklike Griekse woord(e) is wat gebruik word.

Die Griekse woord

Die woord (ἐξαγοράζω) is exagorazo (aktief) en exagorazomai (passief). Dit beteken:

  • ex – uit
  • agora – (op) die markplein
  • om tyd uit te koop; terug te koop; die meeste daarvan te maak; of van verlies te red

Wat ek dus moet doen is om tyd uit te koop, in ruil dalk vir iets anders. Kom ons kyk waar dit gebruik word:

  • Efesiërs 5:16 – Koop die tyd uit omdat die dae boos is. Paulus gee hier ’n rede waarom ons tyd moet uitkoop. Hierdie rede word in die vorige vers aangedui – ons moet wys wandel en die regte ding doen.
  • Kolossense 4:5 – koop die tyd uit en wandel in wysheid. Beide verse, aan twee verskillende gemeentes, druk dieselfde gedagte uit.

Wat beteken dit in die praktyk?

Tyd is ’n kosbare en verbygaande kommoditeit. Tyd wat jy verloor het, kan nie weer ingehaal word nie. Elke periode tyd in hierdie lewe kan net eenkeer gebruik word. Spandeer dus jou tyd op dit wat saak maak.

Gryp geleenthede aan en wees wys en op die uitkyk vir geleenthede vir:

  • genade
  • diens
  • geestelike groei

Vir elkeen van bogenoemde drie is daar een ander Griekse woord wat baie betekenis het – kairos. Hierdie woord beteken om die regte, kritieke, of beskikbare geleentheid te identifiseer en op te tree, in God se tyd.

Leef intensioneel, met ’n doel, in geloof, en wend jou hulpbronne aan vir die groter taak in jou lewe.

Chronos teenoor Kairos

Twee woorde met dieselfde basis, maar verskillende betekenisse:

  • Chronos is die woord wat kwantitatiewe tyd aandui – spesifiek, meetbaar (60/24/7/52/365), maar verbygaande. Dit is van hierdie woord wat ons die woord chronologie kry – in volgorde van tyd.
  • Kairos is kwalitatief, vir die oomblik in kwantitatiewe tyd, wanneer ’n geleentheid opduik, vir die groter doel, en om die toestand te verbeter.

Sien Markus 1:15 (kairos); Handelinge 24:25 (kairos); 2 Korinthiërs 6:2 (kairos); Galasiërs 3:13 en 4:5 (exagorazo); en 6:10 (kairos) vir voorbeelde waar die woord “tyd” in verband gebring word met exagorazomai (die passiewe vorm van exagorazo). Bestudeer elke voorbeeld in die konteks waarbinne dit geskryf is.

Wat van “Carpe Diem”?

Hierdie is ’n Latynse uitdrukking wat beteken “Gryp die dag”. Dit druk dieselfde gedagte uit. Kom ons gryp die geleenthede aan wat ons het en hou op om tyd te mors. Niemand sê dat jy nie mag ontspan nie, en soms is dit nodig om te rus en “niks te doen”, maar doen dit intensioneel. Wanneer jy egter in die markplein is (die wêreld rondom jou), wees gereed om geleenthede aan te gryp om die evangelie te deel, iemand te help, en diensbaar te wees.

“Seize the Day” – Carolyn Arends

’n Bekende Christen-sangeres, Carolyn Arends, het dit as volg beskryf:

I know a girl who was schooled in Manhattan
She reads dusty books and learns phrases in Latin.
She is an author, or maybe a poet
A genius but it's just this world doesn't know it
She works on her novel most every day.
If you laugh she will say

Seize the day, Seize whatever you can
'Cause life slips away just like hourglass sand
Seize the day. Pray for grace from God's hand
And nothing will stand in your way. Seize the day

Well, I know a doctor, a fine young physician
Left his six-figure job for a mission position
He's healing the sick in an African clinic
He works in the dirt and writes home to the cynics.
He says we work through the night so most every day
so we watch the sun rise we can say

Seize the day, Seize whatever you can
'Cause life slips away just like hourglass sand
Seize the day. Pray for grace from God's hand
And nothing will stand in your way. Seize the day

Well, I know a man who's been doing some thinking
He's as bitter and cold as the whiskey he's drinking
He's talking 'bout fear, 'bout chances not taken
If you listen to him you can hear his heart breaking
He says one day you're a boy and next day you're dead
I wish way back when someone had said

Seize the day, Seize whatever you can
'Cause life slips away just like hourglass sand
Seize the day. Pray for grace from God's hand
And nothing will stand in your way. Seize the day

Well one thing I've noticed wherever I wander
Everyone's got a dream he can follow or squander
You can do what you will with the days you are given
I'm trying to spend mine on the business of living
So I'm singing my songs off any old stage.
You can laugh if you want I'll still say

Seize the day, Seize whatever you can
'Cause life slips away just like hourglass sand
Seize the day. Pray for grace from God's hand
And nothing will stand in your way. Seize the day

Wat leer jy hieruit?

Jou taak vorentoe is dít: gryp geleenthede aan en leef intensioneel in die tyd wat vir jou beskikbaar is. Jy kan nie dit terugkry wat jy deur jou vingers laat glip het nie, maar jy kan hieruit leer om nie dieselfde fout weer te maak nie. Wat is jy bereid om te ruil vir die tyd wat jy in die plek daarvan kan uitkoop?


Stuur vir 'n vriend  Hoofbladsy