My persoonlike reis na redding en aanvaarding

Dokumentasie Geplaas op Saterdag, 7 Mei 2022

My persoonlike reis

'n Persoonlike getuienis

Ek het myself nog altyd beskou as 'n baie privaat persoon, selfs meer so in hierdie digitale era. Jy sal nie baie inligting oor myself vind wanneer jy aanlyn soek nie. Name wat wel verskyn is dié van mense wat dieselfde naam en van dra, maar nie die uwe is nie. Ek is 'n tegnologie-georiënteerde persoon en het nog altyd my neus ingegrawe in dinge wat met rekenaars en die internet te doen het. Daarteenoor, het ek geen affiniteit vir sosiale media nie. Ek kan nie verstaan waarom mense so verknog is aan hulle sosiale media rekeninge nie. Hier skroom mense nie om hulle bewegings en persoonlike ervarings, met vreemdes te deel nie. Waarom sou ek dan hierdie stuk skryf en dit op hierdie webwerf publiseer?

Eerstens, my naam is reeds in die Boek van die Lewe geskryf, en daarom het ek geen probleem om hierdie inligting te deel nie. Tweedens, ek doen dit omdat ek glo dat ander hierby kan baat vind, veral wanneer hulle kom by die maak van die belangrikste keuse van hul lewens - naamlik, om God as persoonlike Redder en Saligmaker aan te neem, en daarmee die vervulling van Sy doel vir ons lewe, te erken en te aanvaar. Baie dinge wat met my persoonlik gebeur het, sal ek egter nie nou deel nie, bloot omdat hierdie dinge nie nou relevant is nie. Vir die grootste deel van my lewe is ek 'n gelowige in Jesus Christus. Die deel voor my bekering was 'n lewe ver van God af. In daardie tyd het ek gedink dat my lewe goed was, maar daar was hierdie verlange na meer. Twee keer het geleenthede hulle voorgedoen om Jesus as Here en Saligmaker te aanvaar, dog ek het nie die geleenthede aangeneem nie. Die twee persone wat die evangelie met my wou deel, mag dit nie op daardie stadium besef het nie, maar hulle het die saad gesaai wat later sou lei tot die verandering in my lewe. Mag hulle geseënd wees, want hulle was getrou in die verspreiding en uitdra van die Boodskap, selfs al het ek op daardie tydstip nie op die uitnodigings reageer nie.

Dit was eers in laat 1989, dat ek op 'n punt in my lewe was waar ek 'n keuse moes maak oor die pad wat ek gaan neem. Ek is gek oor poësie. Robert Frost skryf oor twee paaie in sy gedig, The Road Not Taken:

Two roads diverged in a yellow wood,
And sorry I could not travel both
And be one traveller, long I stood
And looked down one as far as I could
To where it bent in the undergrowth

Die probleem is dat meeste van ons beide kante van ons roosterbrood gebotter wil hê. Sou dit nie lekker wees om 'n gelowige in Jesus te wees nie, maar steeds doen wat jy wil en wanneer dit jou pas? Die skrywer van die gedig het dalk iets soortgelyks in gedagte gehad. Hy kyk om te sien waar die pad vurk, en is teleurgesteld dat hy nie albei paaie op dieselfde tyd kan kies nie. In die lewe werk dit egter nie so nie.

My keuse het gekom toe 'n kollega die evangelie van Jesus Christus met my gedeel het. Hy het my gevra of ek Jesus reeds ontvang het, en ek het eenvoudig 'nee' geantwoord. Hy het my 'n reguit vraag gevra, en ek het hom 'n reguit antwoord gegee. Jy kan nie lieg wanneer God elke bedoeling van jou hart ken en elke woord wat jy spreek, hoor nie. Ek dink my kollega het besef dat ek die tipe persoon was wat dinge krities ontleed, en dat 'n mondelinge boodskap nie vir my sou werk nie. Hy het bloot net vir my 'n traktaatjie gegee. Ek het vandag nog hierdie traktaatjie in my Bybel, 'n blou Campus Crusade for Christ traktaatjie, met die naam: Die Vier Geestelike Wette. Die lees van die traktaatjie het vir my alles in perspektief gebring.

Ek onthou nog die presiese tyd, datum en plek waarop ek my lewe aan Jesus gegee het: Dinsdag, 5 Desember 1989, vieruur in die middag, alleen in my woonstel. Dit was my wedergeboorte. Alles voor daardie oomblik het irrelevant geword. Die ou persoon is dood en alles is nuut gemaak (2 Kor 5:17). Toe my kollega die volgende dag met my praat, het ek hom gevra waarom hy gekies het om met my die traktaatjie te deel, eerder as om persoonlik met my te praat. Sy reaksie was dat hy gevoel het dat ek dáárdie oomblik alleen met God nodig gehad het, en Hom moes toelaat om self met my te werk. Ek het my kollega se insig in wie en wat ek is, waardeer. In die jare hierna het ek dikwels Die Vier Geestelike Wette gebruik om die evangelie met ander te deel. Die persoon verantwoordelik vir jou leiding na Jesus, word jou geestelike mentor - 'n pa of 'n moeder, genoem.

Die begin van my geestelike reis was moeilik - ek het weerstand ervaar oral waar ek gegaan het! Dit was 'n seker teken dat ek werklik gered was. Jy sien, om Jesus te volg kom teen 'n geweldige prys, en jy kan eenvoudig nie 'n gelowige wees en geen vervolging van enige soort hê nie. Geloof en vervolging gaan hand aan hand. Mense wie jy dink was jou vriende, was skielik gekant teen jou, net omdat jy die rigting van jou lewe verander het - miskien was hulle nie regtig sulke goeie vriende na alles nie. Een voorbeeld van so 'n weerstand was my werkgewer van daardie tyd. Gevolglik het ons paaie geskei, maar wanneer God 'n situasie toelaat waar ek een deur moes toemaak, het Hy 'n massiewe dubbel deur vir my 'n paar maande later, oopgemaak. Selfs in hierdie moeilike tye, het God die Vader na my gekyk. Ek was immers nou ook Sy seun.

Jou lewens reis hou vele dinge vir elke mens in - bou 'n loopbaan, trou, kry kinders, koop eiendom, en betaal die rekeninge. In al hierdie wêreldse dinge en verantwoordelikhede is dit maklik om te wees fokus te verloor. Voeg hierby die verantwoordelikhede wat jou geestelike lewe vereis, en skielik is dit so maklik om te ontspoor. Ek het amper. Ten spyte van 'n kwalifikasie in Teologie en betrokkenheid by kerklike bedienings, het ek tog 'n gemis in my lewe ervaar. Miskien was daar 'n hardkoppigheid in my, 'n deel van my lewe wat ek nog nie ten volle aan God oorgegee het nie. Toe het hierdie vers my gegryp:

20Ek is gekruisig met Christus en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. Die lewe wat ek nou in die liggaam leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, wat my liefgehad het en Homself vir my gegee het. – Galasiërs 2:20

Om met Christus gekruisig te wees, beteken om heeltemal aan Hom oor te gee, sodat Sy wil en Sy manier, jou lewe sal rig. Dit beteken nie dat jy ophou bestaan nie. In plaas daarvan, moet die lewe wat jy nou leef, Jesus binne-in jou weerspieël. Hoekom? Omdat Hy jou liefhet en Homself gegee het sodat jy kan lewe. Is dit nie vreemd dat dit my so lank geneem het om tot hierdie punt te kom nie? Ons almal wil graag 'n bietjie van die ou self behou. God kan nie met ons werk wanneer dit die geval is nie. Om wedergebore te word, is om totaal die ou self af te sterf en in Hom 'n nuwe mens te word.

Hierdie is nie maklik nie, en elke dag is daar situasies wanneer ek vergeet dat dit nie oor my gaan nie, maar oor Jesus in my. Dit gaan nie oor die lewe wat ek lei nie, maar die geloof wat Hy van my vereis. Soos ons almal, maak ek foute, maar die ongelooflike deel van God se liefde is sy vergifnis, en die leiding wat hy my gee deur die Heilige Gees.

Ek het geleer dat om 'n Christen gelowige te wees, jy nie in 'n gemaksone is nie. Ons bou dikwels mure om ons, om onsself teen die probleme van die lewe, te beskerm. Bedreigings kan wees verwerping deur familie en vriende, of vervolging. Daar natuurlik ook die saak aangaande oorgawe aan die Wil van God. Die prys wat jy as 'n volgeling van Christus sal moet betaal, is duidelik uiteengesit in die Woord. Jy moet besin of die prys vir jou reg is, voor jy jou besluit maak.

35Want ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en tussen 'n dogter en haar moeder, en tussen 'n skoondogter en haar skoonmoeder. En 'n mens se huisgenote sal sy vyande wees. Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie sy seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. – Mattheus 10:35-37

Dit beteken nie dat familie en vriende jou as gelowige, verwerp nie. Jy moet hard daaraan werk om te verseker dat jou hele gesin Jesus volg. Sou familie en vriende nie die Here aanneem nie, moet jy, vir jou eie beswil, 'n besluit oor hulle neem. Nou kom Jesus eerste in jou lewe. Dit gaan nie meer oor my nie.

24Toe sê Jesus vir sy dissipels: as iemand agter my aan kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en my volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. – Mattheus 16:24-25

Hierdie is Paulus se waarskuwing aan Timotheus, sy medewerker:

12En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus sal vervolg word. – 2 Timotheus 3:12

Paulus skryf ook aan die gemeente in Fillipi:

1Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins. – Filippense 1:21

Diegene van ons wat kom uit "Christelike" huise en agtergrond kom, veral in lande waar daar is geen Christen vervolging is nie, is die lewe na wedergeboorte maklik. Dit is presies wat die Duiwel wil hê - om jou in 'n valse sin van sekuriteit te lei. As jy die Christelike weg wil leef, sal jy vervolg word (en waarskynlik ook vermoor word). Kyk aanlyn vir die getuienisse van talle Christen gelowiges wat kom uit onderdrukkende regimes en sien wat het met hulle gebeur het sedert hulle Jesus aanvaar het!

Ons moet 'n kosteberekening maak van wat dit beteken om Jesus te volg:

28Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? – Lukas 14:28

Het jy bereken wat dit jou gaan kos om Jesus te volg? Bestudeer die video hieronder en besluit dan.

Andries Oberholzer


Stuur vir 'n vriend  Hoofbladsy