Ritmies met Ettienne

Ritmies met Ettienne Marais: Jou boodskap vir die dag
Ettienne deel daagliks groot wyshede oor die Woord, op sy gemaklike en rustige manier. Kyk uit vir elke weeksdag se boodskap.
Desember 2024
- Dinsdag, 24 Desember 2024: Wees navolgers van God: Ons moet die lieflike geur wees wat ander mense na God toe sal trek.
- Maandag, 23 Desember 2024: Wat kies jy om te glo?: Ek glo die Woord van die Here onwrikbaar.
- Vrydag, 20 Desember 2024: Geen plan is vir God onuitvoerbaar nie.: Die Here kan enige iets doen en Hy kan ingryp in jou situasie.
- Donderdag, 19 Desember 2024: Moenie wag vir more nie. Doen dit vandag.: Hoe kan jy vandag beskikbaar wees om die wêreld te verander?
- Woensdag, 18 Desember 2024: Wat in die mond ingaan en uitgaan: Ons moet ons woorde weeg en tel en die Here vra om 'n wag voor ons mond te sit.
- Dinsdag, 17 Desember 2024: Ons gesprekke met God maak saak: Onthou wat jy met God bespreek het.
- Maandag, 16 Desember 2024: Wat is 'n belofte, teenoor 'n gelofte?: Hou jy by die beloftes wat jy gemaak het? Dit het verrykende implikasies.
- Vrydag, 13 Desember 2024: Verstandiges hou by die Woord: Ken jy die Maker en die Meester?
- Donderdag, 12 Desember 2024: Ons toevlug is by die Here: Die wat Hom vrees het geen gebrek nie en die engele trek 'n laer om ons.
- Woensdag, 11 Desember 2024: Die Here is altyd goed vir ons: Die Here se manier om 'n ding uuit te sorteer is beter as hoe ons dit kan doen.
- Dinsdag, 10 Desember 2024: As jy met Skrif wakker word: Alles werk ten goede mee vir dié wat God liefhet, ongeag dit wat voorheen gebeur het.
- Maandag, 9 Desember 2024: Die maat van die geloof: God spreek ons vry in Jesus Christus, ongeag wie of wat ons is. Laat jou geloof groei deur die vrug van die Gees uit te leef.
- Vrydag, 6 Desember 2024: Hoe afhanklik is jy van die Here?: Gee jy daagliks aan God die erkenning vir dit wat Hy in en deur jou lewe bereik?
- Donderdag, 5 Desember 2024: Die geboorte van Jesus Christus: Ons gaan swaarkry in hierdie wêreld, maar God se geskenk aan ons is Jesus Christus. Skep moed, want Jesus het die wêreld oorwin.
- Woensdag, 4 Desember 2024: God se verantwoordelikheid: Laat God doen wat Hy gese het Hy sal doen.
- Dinsdag, 3 Desember 2024: Almal ervaar teëspoed, maar weet dít: God is getrou: Hy is getrou tot die einde toe. Moenie vandag na die golwe kyk nie, maar na Jesus op die water.
- Maandag, 2 Desember 2024: God maak die laaste skuif: Plaas jou hoop op Hom. Hy sal jou nie in die steek laat nie.
November 2024
- Vrydag, 29 November 2024: God is goed vir ons: Kom ons doen dit wat waar en reg is volgens die wil van God. Bly in Hom en met Hom.
- Donderdag, 28 November 2024: Dat jy God kan ken: Roep die Here aan terwyl jy nog die geleentheid het, kom nader aan Hom en Hy sal tot jou nader.
- Woensdag, 27 November 2024: Ken jy iemand of weet jy bloot van iemand?: Dit is maklik om oor God te praat en van Hom te weet, maar dit is 'n ander storie om Hom te ken en saam met Hom te stap.
- Dinsdag, 26 November 2024: Jy moet altyd gereed wees om te saai: Gebruik elke geleentheid.
- Maandag, 25 November 2024: Die goed wat jy spreek: Ons moet versigtig wees wat ons vir mense vertel, en soms 'n wag voor die mond sit.
- Vrydag, 22 November 2024: God sal deurkom vir jou: Vra na die Here en sy sterkte. Soek Hom, en jy sal Hom kry.
- Donderdag, 21 November 2024: Dit gaan goed met jou: Ons leef nie deur wat ons sien nie, maar wat ons glo.
- Woensdag, 20 November 2024: Hoe gaan dit met jou?: Ek bod dat dit met jou goed sal gaan vandag in alles wat jy doen.
- Dinsdag, 19 November 2024: Goeie raad: Luister na die goeie raad wat die Woord vir jou gee!
- Maandag, 18 November 2024: Die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie: Bly gefokus. Die duiwel loop rond en soek die wie hy kan verslind, diegene wie nie gefokus is nie.
- Vrydag, 15 November 2024: Ons moet reg aangetrek wees vir die aanslae van die lewe: Daar gaan aanslae wees en jy moet jouself reg aantrek. Moet net nie niks doen nie.
- Donderdag, 14 November 2024: Hoe word jy 'n navolger van Jesus Christus?: Die geur is nie om jou goed te laat voel nie, maar om ander te wys dat Jesus in jou is.
- Woensdag, 13 November 2024: Salig is dié wat rein van hart is: Hoe rein is jou hart vandag? Dalk moet jy 'n bietjie ondersoek instel.
- Dinsdag, 12 November 2024: Waarheen nou?: Ons moet op die Here wag vir die antwoorde wat ons soek.
- Maandag, 11 November 2024: Die waarde van tyd: Doen dit wat jy vandag kan doen, vandag. Moenie uitstel nie. Leef vandag voluit en bly in die Woord.
- Vrydag, 8 November 2024: Dit wat jou hand vind om te doen, doen dit.: Dit wat jy nie kan doen nie, gee dit vir die Here.
- Donderdag, 7 November 2024: Sy beloftes is ja en amen: Jesus is die herder en die deur. Met hierdie hoop kan jy aangaan, ongeag hoe groot die storms is.
- Woensdag, 6 November 2024: Wat beteken jy vir ander mense?: Andere maak op jou staat. Staan op die Woord en kry versterking.
- Dinsdag, 5 November 2024: Weet jy waar jou hulp vandaan kom?: Die stryd behoort aan die Here; jy sal die oorwinning kry.
- Maandag, 4 November 2024: God is by ons en Hy sal ons nie los nie: Ons besef ons is afhanklik van die Here. Ons bid dat Hy vir ons sal deurkom.
- Vrydag, 1 November 2024: Wysheid rus in die harte van die verstandige: Daarenteen moet die onverstandiges liewer 'n wag voor hulle mond plaas.
Oktober 2024
- Donderdag, 31 Oktober 2024: God wil in elke behoefte van jou voorsien: Ons behoeftes word voorsien in Christus Jesus, nie in ons selfsugtige verwagtinge nie.
- Woensdag, 30 Oktober 2024: Ons is dikwels te besig met die verkeerde goed: Ons moet meer tyd te belê in dit wat werklik belangrik is. Besoek sommer vandag nog daardie vriend wie jy lanklaas mee gepraat het.
- Dinsdag, 29 Oktober 2024: God wil in ons lewe betrokke wees: Ken Hom in alles wat jy doen, dan sal Hy jou help.
- Maandag, 28 Oktober 2024: God wil ons help: Wat is God se wil vir ons lewens? Die belangrikste is om te weet dat Hy ons liefhet, en ons bystaan in krisisse. Hy wil ons vrede gee.
- Vrydag, 25 Oktober 2024: Ons kan nie die verkeerde rondom ons net eenvoudig aanvaar nie: Bly weg van die vekeerde, en bly in die Woord.
- Donderdag, 24 Oktober 2024: Soms moet ons net stop, diep asemhaal, en dan aangaan.: Ons kan nie altyd keer hoe ander gaan optree nie, maar ons kan kies hoe ons daarop wil reageer. Ons het 'n gees van onderskeiding nodig om situasies te evalueer.
- Woensdag, 23 Oktober 2024: Jy stap die pad nie alleen nie: Hou doelgerig aan met stap. Jesus stap saam met jou oppad na jou doelwit.
- Dinsdag, 22 Oktober 2024: Wat verkeerd was is nou reg: Ons moet die tyd uitkoop en verseker dat ons bematig en ondersteun wat reg is.
- Maandag, 21 Oktober 2024: Probeer nog een keer: Alles is nie altyd maklik nie, maar ons kan nie opgee nie. As jy nie gister suksesvol was nie, is jy vandag een dag nader aan jou sukses. Jou deurbraak is só naby.
- Vrydag, 18 Oktober 2024: Die vrede in jou: Ons hoef nie altyd te reageer of om onself te verduidelik nie. Die vrug in jou lewe spreek boekdele.
- Donderdag, 17 Oktober 2024: Hoe maak ons in moeilike tye?: Die lewe is nie altyd maklik nie en my vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit altyd goed gaan nie.
- Woensdag, 16 Oktober 2024: Die boodskap moet verkondig word, op enige manier: Jou bydrae help, dit maak nie saak hoe klein dit is nie.
- Dinsdag, 15 Oktober 2024: Wat is jou gunsteling Skrif?: Wat is daardie gunsteling teksvers wat jy het? O ja, baie geluk aan Ettienne met sy verjaarsdag vandag!
- Maandag, 14 Oktober 2024: Hoe gaan jy hierdie week aanpak?: Jy kan nie net op 'n hopie gaan sit nie. Pak die week met ywer aan en druk deur, ongeag wat jou omstandighede is, en verkondig die boodskap van redding deur Jesus Christus deur dit wat jy doen.
- Vrydag, 11 Oktober 2024: Wanneer jy aangeval word: Doen dit wat jy moet doen. Herstel. Bou op.
- Donderdag, 10 Oktober 2024: Dit is wat jy het wat saakmaak: Dit wat jy alreeds het, kan effektief vir die koninkryk van God aangewend word.
- Woensdag, 9 Oktober 2024: Doen dit wat jy doen, soos vir die Here: Doen dit in woord en in daad – in dit wat jy sê en wat jy doen.
- Dinsdag, 8 Oktober 2024: Bly by die riglyne van die Woord: Daar is nie 'n ander manier om by die Vader uit te kom nie, behalwe deur Jesus Christus.
- Maandag, 7 Oktober 2024: Wat is die rol wat jy speel?: Elkeen van ons het 'n ander rol, maar ons moet dié rol wat ons het, uitleef.
- Vrydag, 4 Oktober 2024: Jou lewe getuig van wie jy regtig is: Mag iemand van jou sê dat jy 'n man of vrou van God is.
- Donderdag, 3 Oktober 2024: Streef die goeie na: Spreek eerder 'n goeie woord as om iemand af te kraak.
- Woensdag, 2 Oktober 2024: Hoe verseker jy dat die goeie nuus by ander uitkom?: Vertel hulle! Jesaja het vertel van die wonders wat die Here gedoen het.
- Dinsdag, 1 Oktober 2024: Liefde en trou: Leef liefde uit, en as jy nie weet hoe nie, lees gereeld wat Salomo daaroor skryf.
September 2024
- Maandag, 30 September 2024: Hoe sien jy die wêreld?: Fokus op die Here sodat jy op alle terreine voorsiening sal ervaar.
- Vrydag, 27 September 2024: Die Here is 'n ewige God: Hy gee die vermoeide krag.
- Donderdag, 26 September 2024: Om stil te wees: Kom op 'n plek waar jy rus vind vir jou siel.
- Woensdag, 25 September 2024: Wat is die erfenis wat jy agterlaat?: Maak jou geloof die erfenis, dit wat jy agterlaat.
- Maandag, 23 September 2024: Die HERE sal jou vertroue wees: Jy hoef nie bang te wees nie.
- Vrydag, 20 September 2024: Wat is die Here vir jou?: Die Here is... alles wat goed is vir jou en Hy noem jou sy vriend.
- Donderdag, 19 September 2024: Die impak wat jy maak: Moenie soos die wêreld word nie, maar stel 'n voorbeeld van Godsvrug.
- Woensdag, 18 September 2024: Die waarde van wysheid: Ons kan baie keuses uitoefen. Wysheid is een van hulle.
- Dinsdag, 17 September 2024: Ons het 'n verantwoordelikheid om die evangelie van vrede te verkondig: Hoe gaan jy betrokke raak?
- Maandag, 16 September 2024: My toevlug is by die Here: Wees net stil en sien hoe die Here vir jou deurkom.
- Vrydag, 13 September 2024: Het ek hierdie week uitgekom by dit wat ek beplan het?: Ek moet die Here elke dag dank vir die geleenthede om ander mense te help en die koninkryk uit te brei.
- Donderdag, 12 September 2024: Die Here is goed, ten spyte van ons uitdagings: Kom ons leer egter om nederig te bly te midde van die seëninge.
- Woensdag, 11 September 2024: 'n Opmerksame hart: Ons moet leer on fyn te onderskei. Vra die Here vir die regte oordeel.
- Dinsdag, 10 September 2024: Waar kry jy wysheid?: Bid wysheid van die Here af.
- Maandag, 9 September 2024: Moenie uitmis op geleenthede om te doen wat jy moet doen nie: Ons moet egter insig kry om reg te doen. Ons moet 'n opmerksame hart hê.
- Vrydag, 6 September 2024: Die realiteit van die lewe: Die lewe gebeur, en dikwels is daar teëspoed. Kom ons ondersteun mekaar in moeilike tye.
- Donderdag, 5 September 2024: Waar kry jy jou raad vandaan?: Lees gerus Psalm 1. Wie laat jy toe om raadgewers te wees? Beslis nie die goddeloses, sondaars, en spotters nie. Kry jou raad by die Here en mense met geestelike integriteit.
- Woensdag, 4 September 2024: Om ander te vertel van die wonderdade van die Here: Psalm 103 vertel ons van die baie goeie goed wat die Here vir ons doen.
- Dinsdag, 3 September 2024: Dit wat jy spreek, word waar, en is waarheen jy oppad is: Spreek lewe oor jouself.
- Maandag, 2 September 2024: Hoe het die jaar jou sover behandel?: Dit maak nie saak wat gebeur nie, jy moet net nie opgee nie.
Augustus 2024
- Vrydag, 30 Augustus 2024: Dit wat die Here vir jou gedoen het: As Hy soveel vir ons gedoen het, moet ons dalk meer vir ander doen.
- Donderdag, 29 Augustus 2024: Dinge werk nie altyd uit nie. Is dit werklik die moeite werd om aan te gaan?: Dalk moet ons vir 'n oomblik stilstaan en introspeksie doen.
- Woensdag, 28 Augustus 2024: Ons kan nie net aan onnself dink nie: Ons moet ons naaste ook in gedagte hou.
- Dinsdag, 27 Augustus 2024: Dinge wat jy self aanleer en ander goed wat jy van ander moet leer: Ons moet aanleer om vrugbaar te wees in ons geestelike lewe.
- Maandag, 26 Augustus 2024: Mense wat dink hulle is só belangrik en op wie jy nie kan staatmaak nie.: Vra die Here om jou leiding te gee te midde van die uitdagings van die lewe
- Vrydag, 23 Augustus 2024: Bly gefokus: Waarmee is jy besig? Is jy doelgerig en gefokus?
- Donderdag, 22 Augustus 2024: Kry jou lewe in lyn met God se wil: Godsdiens is 'n mensgemaakte ding. Ons moet ons lewens rig in lyn met die Woord van God.
- Woensdag, 21 Augustus 2024: Waarvoor bid jy vir ander mense?: Bid dat mense se verhouding met God die Vader reg sal wees en dat dit met hulle goed sal gaan.
- Dinsdag, 20 Augustus 2024: Ons het mekaar nodig: As gelowiges moet ons maniere soek om mekaar te akkommodeer, ongeag die verskille.
- Maandag, 19 Augustus 2024: Werp jou brood op die water: Hou net aan om goed te doen. Dit sal vrugte afwerp.
- Vrydag, 16 Augustus 2024: Wat is jou gesindheid: Ons moet oppas. Die tye is boos en ons moet kophou in alles wat ons doen.
- Donderdag, 15 Augustus 2024: Leef jy voluit en is jou saak reg?: Bly naby Hom en doen sy wil. Laat staan die res.
- Woensdag, 14 Augustus 2024: Bly nederig terwyl jy groei: Bly nederig in alles wat jy doen. Jy sal geestelik groei as jy die regte gesindheid openbaar.
- Dinsdag, 13 Augustus 2024: Die gesindheid wat in Christus is, moet ook in jou wees: Mense sien raak wat jy doen. Watter gesindheid openbaar jy?
- Maandag, 12 Augustus 2024: Wanneer laas het jy vir iemand gebid?: Kom ons doen moeite om vir ander te bid.
- Donderdag, 8 Augustus 2024: Mense kla te veel: Leer om eerder op die Here te vertrou. Hy is jou bron van krag en Hy lei jou op jou pad.
- Woensdag, 7 Augustus 2024: 'n Leefstyl van aanbidding: Is jou aanbidding soos wierook voor die aangesig van God? Hoe lyk jou gebedslewe?
- Dinsdag, 6 Augustus 2024: Die regverdige sal deur die geloof leef: Ons moet glo dat dit waarvoor ons bid, wel sal gebeur.
- Maandag, 5 Augustus 2024: Wat is die goed wat ek en jy kwytraak?: Wees versigtig wat jy met wie deel. Plaas dalk dikwels eerder 'n wag voor jou mond.
- Vrydag, 2 Augustus 2024: Hy gee ons die oorwinning: Fokus op die hemel, maar nog steeds met jou voete op die aarde.
- Donderdag, 1 Augustus 2024: Ons moet onsself reg posisioneer: Gebruik die mag wat Jesus Christus jou gegee het.
Julie 2024
- Woensdag, 31 Julie 2024: Herinner die Here aan sy beloftes vir jou lewe.: Die Here sal jou beskerm. Hy is in beheer.
- Dinsdag, 30 Julie 2024: Diegene wie afgedwaal het van die Here af: Die toestand van die wêreld dui aan hoe vêr ons afgedwaal het, en hoe naby die Koms van Jesus Christus is.
- Maandag, 29 Julie 2024: Wat is ons primêre doel op aarde?: Verkondig die evangelie van verlossing. As jy dit nie self kan doen nie, ondersteun iemand wie dit wel kan doen.
- Vrydag, 26 Julie 2024: God is opgewonde oor ons: Ons is sy gunstelinge, gemaak in sy beeld. Verjeug jou vandag daarin.
- Donderdag, 25 Julie 2024: Wees diensbaar vir jou vriende: Is jy vandag die persoon is wat 'n verskil in iemand anders se lewe maak?
- Woensdag, 24 Julie 2024: Ons bekwaamheid is uit God: Wie het jou bekwaam of bevoegd gemaak om te doen wat jy doen? Doen wat jy moet doen, want Hy het jou die bekwaamheid gegee.
- Dinsdag, 23 Julie 2024: Oppas dat niemand jou mislei nie: As mense vir jou sê "Die Here sê ek moet vir jou sê...", wees versigtig.
- Maandag, 22 Julie 2024: Ons het nie altyd die antwoorde nie: Bly in die Woord en laat jou lewe die voorbeeld wees.
- Vrydag, 19 Julie 2024: Wat sê mense werklik?: Ons moet leer om tussen die lyne te lees en mooi te luister wat mense sê.
- Donderdag, 18 Julie 2024: Wees die lig waar dit donker is, en wees sout daar waar verrotting is: Jy moet dalk meer beweeg daar waar mense jou voorbeeld kan sien en waar jy 'n verskil kan maak.
- Woensdag, 17 Julie 2024: God kom vir ons deur op elke area in ons lewe: Gaan kyk wat in die laaste ses maande gebeur het. As jy in die wil van die Here leef, sal goed vir jou uitwerk.
- Dinsdag, 16 Julie 2024: Moenie toelaat dat iemand 'n maatemmer oor jou lamp sit nie: Baie mense sal probeer om die goeie werk wat jy doen, te bedek sodat hulle self die eer kan kry. Jy hoef dit nie toe te laat nie.
- Maandag, 15 Julie 2024: Wat ek en jy vir ander mense kan doen: God gebruik gewone mense om buitengewone goed te doen
- Vrydag, 12 Julie 2024: Dit maak saak waarna jy luister: Na wie se raad luister jy? Luister jy na die Woord of leen jy jou ore uit aan wat mense sê?
- Donderdag, 11 Julie 2024: Die hardloper: Hardloop jou eie wedloop, nie dié van 'n ander persoon nie.
- Woensdag, 10 Julie 2024: Om Hom te ken is om Hom lief te hê: As jy die Vader liefhet, gaan dit makliker raak om ander lief te hê.
- Dinsdag, 9 Julie 2024: Ons heers deur Jesus Christus: In Jesus Christus oorkom ons die aanslae van die wêreld. Vertrou op Hom.
- Maandag, 8 Julie 2024: God is by jou: Jy is God se held, en Hy is altyd by jou, ongeag wat gebeur.
- Vrydag, 5 Julie 2024: Hy wie die goeie werk in ons begin het, sal dit klaarmaak: Moenie so hard op jouself wees nie. Jou geestelike groei is 'n konstante proses.
- Donderdag, 4 Julie 2024: Ek stel my vertroue op die Here: God sal vir ons voorsien, maar ons moet ook alles menslik doen om by die doel uitkom.
- Woensdag, 3 Julie 2024: Steur jy jou aan dit wat mense van jou sê?: Ons is God se spog produk, en ons is in sy hart. Niks wat mense van ons sê kan dit verander nie.
- Dinsdag, 2 Julie 2024: Waar eenheid is, daar is 'n seën: Wanneer ons in eenheid leef, gebied God sy seën. Kom ons doen ons vandag voor om verskille by te lê en as een in die Here te leef.
- Maandag, 1 Julie 2024: Kom jy uit by dit wat belangrik is?: Kom ons fokus op waar ons was, waar ons nou is, en waar ons kan wees.
Junie 2024
- Vrydag, 28 Junie 2024: Het jy geslaap toe mense jou die meeste nodig gehad het?: Ons kan nie almal help nie, maar ons moet probeer om te help waar ons kan. Mense het dalk net ons teenwoordigheid nodig.
- Woensdag, 26 Junie 2024: Hou jou oë gevestig op die Here: Ten spyte van die omstandighede, is Jesus die voleinder van ons geloof.
- Dinsdag, 25 Junie 2024: Die lewe, vriendskap, en tyd is kosbaar: Ons moet die beskikbare tyd uitkoop, geleenthede benut en vriendskappe vestig. Hy sal die son van geregtigheid oor jou laat skyn.
- Maandag, 24 Junie 2024: Hoekom is ons betrokke by dienswerk?: Moenie ophou wat jy doen nie. Jy doen dit nie vir mense nie maar vir die Here.
- Vrydag, 14 Junie 2024: Wie is die ware jy?: WYSIWYG – toe grafiese uitleg vir rekenaars in die vroeë 90s begin het, het ons geleer van WYSIWYG – What You See Is What You Get. Vandag moet jy so wees. Wat mense van jou sien is die ware jy, nie 'n pretensie nie.
- Donderdag, 13 Junie 2024: Om berusting te vind: Dit is nie altyd maklik nie om te aanvaar as verhoudinge tot 'n einde kan kom. Ons moet leer om te vergewe en aan te beweeg.
- Woensdag, 12 Junie 2024: Ons mis dikwels ons verantwoordelikheid: Dit is maklik om iets te sê. Kom osn bewaak ons gedagtes en ons lippe.
- Dinsdag, 11 Junie 2024: Moenie jou steur aan wat mense oor jou sê nie: Lewe positief. Spreek lewe. Die Here sal jou dra.
- Maandag, 10 Junie 2024: Ons oorwin deur die Gees van die Here wat in ons werk: Moenie jy vandag probeer om die situasie self te hanteer nie. Laat dit aan die Here oor.
- Woensdag, 5 Junie 2024: Wie en wat is jy in Jesus Christus?: Jou waarde word nie bepaal deur die "likes" wat jy op sosiale media kry nie, maar dit wat God van jou dink.
- Dinsdag, 4 Junie 2024: Godsaligheid en vergenoegdheid is 'n wins: Jy kan net werk met dit wat jy het, maar jy moet tevrede wees met wat die Here jou gegee het.
- Maandag, 3 Junie 2024: U is alleen die Here en U hou alles in stand: Die Here sal jou nie in die steek laat nie. Hou jy net aan om goed te doen.
Mei 2024
- Vrydag, 31 Mei 2024: Die duiwel is reg om mense te mislei – almal, oral. Oppas vir sy leuens: Daarteenoor sal die regverdige bly staan.
- Donderdag, 30 Mei 2024: Maak jou verhouding met die Here 'n lewenswyse: Ons kan nie net bid wanneer dit sleg gaan en ons in die moeilikheid is nie.
- Dinsdag, 28 Mei 2024: Wanneer jy goed bedoel en dinge nie lekker uitwerk nie: Moenie twyfel nie. Die Here sal vir jou deurkom.
- Maandag, 27 Mei 2024: Bereik jy jou doelwitte?: Jy moet doen wat die Here aan jou toon om te doen.
- Donderdag, 23 Mei 2024: Dinge kan dalk soms te veel raak: Soms lyk dinge donker, maar ons weet dat daar altyd Iemand is wie ons ondersteun. Die Here sal jou nie teleurstel nie en Hy laat ons staan. Hou vas aan hom.
- Woensdag, 22 Mei 2024: Wanneer mense jou teleurstel: Mense verander hulle optrede, maar nie God nie. Weet dit: mense sal jou teleurstel; God sal nooit.
- Dinsdag, 21 Mei 2024: Wat is in jou?: Dink daaraan: jy het Jesus Christus se Gees in jou. Leef vandag so.
- Maandag, 20 Mei 2024: Jou gawes: Wat doen jy om die Koninkryk van God uit te brei?
- Vrydag, 17 Mei 2024: Gee aan die duiwel geen vatplek nie: Wees versigtig wat jy doen en moenie 'n situasie skep waar die duiwel jou kan mislei nie. Aanbid die Here en die bose een sal nie 'n vastrapplek kry nie.
- Donderdag, 16 Mei 2024: Tipes mense: Watter tipe mens is jy? Wat is jou impak op ander mense? Ons moet mekaar ondersteun en mekaar se laste dra.
- Woensdag, 15 Mei 2024: Hoe hanteer jy onsekere tye?: Weeg jou woorde; bly God-gesentreerd; bou Goddelike vriendskappe; wees 'n gewer; en leef in God se guns.
- Dinsdag, 14 Mei 2024: God is in beheer, ongeag van die omstandighede: Die wêreld is gou om diie Here te blameer, maar al die probleme in die wêreld is die gevolg van dit wat mense doen.
- Maandag, 13 Mei 2024: Die Here sal jou standvastige gesindheid in vrede bewaar: As jy op die Here vertrou, sal jy beskerming, vrde, en rustigheid ervaar.
- Vrydag, 10 Mei 2024: Jy het 'n groter invloed op jou eie lewe as wat jy dink: Dit is belangrik dat jy vrede sal hê in alle aspekte van jou lewe.
- Donderdag, 9 Mei 2024: Jesus wil by jou wees: Dit is Hemelvaart Dag. Jesus sê Hy wil by ons wees, en ons moet met mekaar wees. Ek weet, hy kom weer!
- Woensdag, 8 Mei 2024: Jy kan nie mense beheer nie: Jou beste intensies om goed te wees vir andere misluk dikwels. Jy moet jouself dalk weer begin eerste stel.
- Dinsdag, 7 Mei 2024: 'n Lewende hoop: Ons het nodig om baie meer toegewyd te wees en te fokus op ons Lewende Hoop.
- Maandag, 6 Mei 2024: Tyd met jouself: Soms moet ons eenvoudig tyd met onsself spandeer, terwyl ons by Hom skuil, en Hom Nommer Een maak.
- Vrydag, 3 Mei 2024: Spreek lewe: In alles wat jy doen, spreek lewe, en die Here sal jou die lig laat sien want Hy is die Lig.
- Donderdag, 2 Mei 2024: Dit gaan nie oor ons nie maar oor die Here: Jeremia sê dit is oor die goedertierenheid van die Here dat ons nie omkom nie. Die Here se getrouheis is groot.
- Woensdag, 1 Mei 2024: Bou jou verhouding met die Here: Hy sê Hy het gekom dat ons lewe en oorvloed kan hê. Ons het egter lewe en oorvloed net in Hom.
April 2024
- Maandag, 29 April 2024: Jy staan nie alleen voor die uitdagings van die lewe nie: Jou lewe kan baie keer op en af gaan, maar weet dit: jy is nie alleen nie. Jesus Christus is saam met jou in die boot.
- Donderdag, 25 April 2024: Die lewe is wat ons daarvan maak: Dinge verander en ons moet dit aanvaar. Genadiglik verander Jesus nie. Hy bly altyd dieselfde.
- Woensdag, 24 April 2024: Wat doen ek en jy vir mekaar terwyl ons nog in die lewe is?: Ons wag dikwels tot dit te laat is voordat ons iets doen om iemand anders te help.
- Dinsdag, 23 April 2024: Dit is die klein dingetjies wat saakmaak: Maak jy 'n positiewe verskil in mense se lewens? Jy moet getrou wees in die klein dingetjies waarvoor jy nie noodwendig komplimente gaan kry nie.
- Maandag, 22 April 2024: Grawe dieper in jou verhouding met God: Ons was só toegewyd na ons wedergeboorte, maar ons moet aanhou groei en verdiep in ons verhouding met die Here. Ons omstandighede verander, maar Hy verander nie.
- Donderdag, 18 April 2024: Wat is dit wat die leemtes in jou lewe vul?: Die een wat aan ander gee, vul die leemtes in sy eie lewe.
- Woensdag, 17 April 2024: As jy nie vra nie, kry jy nie: Ons moet egter nooit vergeet om eers die Koninkryk en sy geregtigheid te soek nie.
- Dinsdag, 16 April 2024: Wat ons doen, moet in liefde gedoen word: Dit is 'n voorreg om mens te kan wees, 'n verskil te wees, en soos Jesus te wees.
- Maandag, 15 April 2024: Ons dien 'n God van wonders: Hoe getrou is jy om met die Here te praat, alles met Hom te deel, en Hom te herinner aan sy beloftes? Moenie opgee nie.
- Vrydag, 12 April 2024: Waarmee is ek besig?: Wat is dit in die lewe waarmee jy besig is? Hoe belyn dit met God se plan vir jou lewe, om Hom te verheerlik?
- Donderdag, 11 April 2024: Waar gaan ek en jy 'n verskil maak?: Ons kan nie net passief sit en kyk na probleme rondom ons nie. Soms moet ons inklim en help om 'n verskil te maak.
- Woensdag, 10 April 2024: Die belangrikheid van genade: Jou genade is alreeds voor betaal. Jy het nie nodig om verder geld daarvoor te gee nie. Die Koninkryk gaan oor genade. As jy wel gee, gee jy uit liefde en soos jy jou voorgeneem het.
- Dinsdag, 9 April 2024: Bewaak jou hart: Hou jou vêr van boosheid en doen wat goed is.
- Maandag, 8 April 2024: Wat is die sleutel tot sukses?: Verwerf wysheid en insig deur al wat jy besit.
- Vrydag, 5 April 2024: Hulle wie U naam ken, sal op die Here vertrou: As die Here nie daar was vir ons nie, sou ons veel erger daaraan toe gewees het.
- Donderdag, 4 April 2024: Wees sout en wees lig: Die wêreld gaan so agteruit, ons moet eenvoudig lig en sout te wees in 'n veranderende wêreld.
- Woensdag, 3 April 2024: Die klein woordjie "Ek": In my lewe moet "Ek" minder word en dit eerder oor Hom, Jesus Christus, gaan. Hy moet meer word.
- Dinsdag, 2 April 2024: So lief het God jóú gehad: Groter liefde het niemand as dit dat iemand bereid is om sy lewe vir sy vriende af te lê.
Maart 2024
- Donderdag, 28 Maart 2024: Die wil van God moet in ons lewens geskied: Selfs Jesus het in sy uur van nood die Vader gevra dat sy wil geskied. Dit moet in ons lewens dieselfde wees.
- Woensdag, 27 Maart 2024: Mense gaan jou nog onder die bus gooi: Wanneer iemand wie jy vertrou het jou verraai... Genadiglik weet die Here hiervan, en Hy sal ons daardeur kry.
- Dinsdag, 26 Maart 2024: Ons is teen niks gevrywaar nie: Dinge sal nie altyd goed gaan nie, maar ons moet ons kant skoon hou.
- Maandag, 25 Maart 2024: Ons moet doen wat ons moet doen: Ons het 'n taak om die koninkryk van God op aarde te laat realiseer.
- Vrydag, 22 Maart 2024: Het jy al gewonder waardeur die Here jou gedra het?: Ebenhaeser: Die Here het my tot hier gebring sodat Hy sy werk in my kan voltooi.
- Woensdag, 20 Maart 2024: Dankie dat U hierdie dinge aan kindertjies geopenbaar het: Volwassenes wil oor alles redeneer.
- Dinsdag, 19 Maart 2024: Soek, klop, en bid: Hou aan bid. Jy sal jou antwoord kry want sy is dit werd in die oë van die Here.
- Maandag, 18 Maart 2024: As dinge anders was: As dinge nie gebeur het soos hulle gebeur het nie, sou ek en jy nie gewees het waar ons nou is nie. Alles werk nog steeds ten goede mee vir diegene wie God liefhet.
- Vrydag, 15 Maart 2024: Vervul jy jou roeping om die Koninkryk uit te brei: Moenie jou laat terughou deur die woorde van ander mense nie.
- Donderdag, 14 Maart 2024: Los die nietighede: Fokus op wat jy moet doen, en vergeet van die onbenullige goed.
- Woensdag, 13 Maart 2024: Maak gebed 'n leefstyl: Kom ons bid sonder ophou. Daar is soveel goed waarvoor ons kan bid. Dalk moet jy die eerste gedagte bid wat by jou opkom.
- Dinsdag, 12 Maart 2024: Die mense wie jy regtig jou vriende kan noem: Wie is die mense wie jy regtig op kan staatmaak, en hulle op jou?
- Maandag, 11 Maart 2024: Die mense op wie jy kan staatmaak: Moenie sommer net uit iemand se lewe stap as daar moeilikheid is nie. Kan hulle op jou staatmaak?
- Vrydag, 8 Maart 2024: God het ons deurgedra: Die Here het ons tot op hierdie punt gebring en Hy sal ons ook verder neem.
- Donderdag, 7 Maart 2024: Wanneer die lewe jou 'n stamp gee wanneer jy dit die minste verwag: Ons word nie gevrywaar teen die stampe van die lewe nie, maar ons moet opstaan en aangaan, want die Here help ons.
- Woensdag, 6 Maart 2024: Ons aandag word dikwels te vinnig afgelei van dit wat eintlik belangrik is: Kom ons fokus op dit wat die Here vir ons in gedagte het.
- Dinsdag, 5 Maart 2024: Verander jou patroon van dinge doen: Ons moet leer om nuut oor dinge te dink, en nuut op te tree.
- Maandag, 4 Maart 2024: Wanneer ons harte ver van Hom af is: Die Here ken jou deur en deur en jy kan Hom nie flous nie. Bewaar jou hart!
Februarie 2024
- Woensdag, 28 Februarie 2024: Wat glo jy?: Dinge het nie sommer net toevallig gebeur nie. Die Here het dit lankal vir jou beplan.
- Dinsdag, 27 Februarie 2024: 'n Sagte woord keer die grimmigheid af: Ons hoef niemand te beïndruk deur wat ons spreek nie. Ons dade moet getuig van dit wat ons glo.
- Maandag, 26 Februarie 2024: Ons vrymoedigheid in Jesus Christus: Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan. Ons het die reg om in sy teenwoordigheid in te gaan op grond van dit wat Jesus Christus vir ons gedoen het.
- Vrydag, 23 Februarie 2024: Dit wat die Here vir ons belowe het, sal Hy uitvoer: Hy het 'n volkome werk in ons gedoen deur Jesus Christus, en sy heerlikheid moet in ons gesien word.
- Donderdag, 22 Februarie 2024: Jy is 'n uitverkorene van die Here: Jy moenie toelaat dat die wêreld jou misbruik nie. Staan op vir wat reg is, en neem standpunt in vir die Here. Hoekom? Omdat Hy standpunt vir ons ingeneem het.
- Woensdag, 21 Februarie 2024: Dit is so maklik sommer net te vergeet: Moenie diegene vergeet wie die Here op jou pad gesit het om jou lewe te verbeter nie. Hy het jou nie vergeet nie. Jou naam is in sy handpalms gegraveer. Jy maak vir Hom saak.
- Dinsdag, 20 Februarie 2024: Ons is nie altyd reg nie: Ons moet leer dat ons nie die vinger na ander toe moet wys nie en eerder in ons eie lewe selfondersoek instel.
- Maandag, 19 Februarie 2024: God se tyd: Leer om by God se tyd vir jou lewe in te pas, nie jou tyd nie.
- Vrydag, 16 Februarie 2024: Moenie toelaat dat situasies jou persoonlik affekteer nie: Laat God toe om 'n pad met jou te loop.
- Woensdag, 14 Februarie 2024: Jy sal uit jou situasie verlos word: Die Here het jou tot hier gebring, en Hy sal jou weer verder neem.
- Maandag, 12 Februarie 2024: Daar kom 'n tyd wanneer ons eenvoudig op die Here moet vertrou: Ons tree dikwels te vinnig op, uit ons eie beweging, en dan buite sy wil vir ons lewens is.
- Vrydag, 9 Februarie 2024: Geseënd is Hy wat kom in die naam van die Here: Dalk moet ons begin om mense te seën in die naam van die Here, terwyl ons ook ons hart oppas.
- Donderdag, 8 Februarie 2024: Wat jy moet doen, doen dit vandag: Moenie dit wat vandag gedoen kan word, uitstel tot more nie. Jy weet nie wat die dag van more inhou nie. More is dalk te laat.
- Woensdag, 7 Februarie 2024: Raad en hoop: Ons kan maar met sekerheid staatmaak op die raad en hoop wat die Woord vir ons gee. Wees versigtig vir die raad van mense, en toets dit aan die standaarde van die Woord.
- Dinsdag, 6 Februarie 2024: Wat sal jy gee om dít te kry wat jy wil hê?: Jakob was bereid om alles menslik op te offer om van die Here af te kry wat hy begeer het.
- Maandag, 5 Februarie 2024: Hou net aan; moenie gaan lê nie: Dié wie volhard tot die einde toe, sal gered word. Ons is op die punt van ons deurbraak.
- Vrydag, 2 Februarie 2024: Dit gaan nie oor my nie: Jesus wil altyd vir ons die beste gee en reik uit na ons.
- Donderdag, 1 Februarie 2024: Wat verwag jy om te gebeur?: Ons moet leer om duidelik te luister wat die Here vir ons sê en in sy pas te wees. Doen wat jy moet doen.
Januarie 2024
- Woensdag, 31 Januarie 2024: Ons moet die tyd uitkoop: Streef met alles wat in jou is na die goeie.
- Dinsdag, 30 Januarie 2024: Die verantwoordelikheid om vir ander te sê: "Die Here sê...": Ons moenie net hoorder van die Woord wees nie maar daders. Ons moet die Goeie Nuus verkondig en so doen wat die Here sê.
- Maandag, 29 Januarie 2024: Bly in pas met die wil van die Here vir jou lewe: Die Here is jou deel, en daarop sal ons op Hom hoop. Moenie vergeet van die goeie dinge wat Hy vir jou gedoen het nie.
- Vrydag, 26 Januarie 2024: Die Here is... 'n sterk toring, die Een wie Hom oor ons ontferm. Hy is...: Die Here verander nie. Ons verander, maar Hy is die konstante Een in ons lewe. Hy ken die weg van die regverdige. Bly in Hom.
- Donderdag, 25 Januarie 2024: Ons maak dikwels verkeerde besluite, maar die Here is nog steeds goed vir ons: Die Here werk nie so dat Hy ons straf vir die dinge wat ons verkeerd doen nie. Die Here is regverdig in al sy weë en Hy is goed vir my en jou.
- Woensdag, 24 Januarie 2024: Hoe hanteer jy die storms van die lewe?: Ons moenie toelaat dat ons klein gelowigheid Jesus keer om die storms in ons lewens stil te maak nie. Ons het in Hom die outoriteit om die storms aan te spreek en hulle stil te maak.
- Dinsdag, 23 Januarie 2024: Die Here sal die goeie werk wat Hy in ons begin het, voltooi: Nie alles wat met ons gebeur, is altyd goed nie, en teëspoed gaan daar wees. Ons moet egter nie die een wees wie die gat vir iemand anders grawe nie. Spreek lewe, en hou vas aan God se beloftes.
- Maandag, 22 Januarie 2024: Waar is ons prioriteite?: Kom ons maak die anker in ons lewe, Jesus Christus, ons prioriteit. Ons weet nie wanneer die dag sal aanbreek nie.
- Vrydag, 19 Januarie 2024: In die vrees van die Here het ons sekerheid: Byt vas, dien die Here, en spreek lewe!
- Donderdag, 18 Januarie 2024: God gebruik gewone mense om buitengewone dinge te doen: God wil jou vandag gebruik vir 'n tyd soos hierdie. Wees net beskikbaar.
- Woensdag, 17 Januarie 2024: Ons storie moet ander mense motiveer: Jou reputasie moet egter van so 'n aard wees dat jou storie geloofwaardigheid het.
- Dinsdag, 16 Januarie 2024: Die krag van die Heilige Gees in jou: Jy het 'n kragbron wat onuitputlik is, om die onmoontlike te vermag.
- Maandag, 15 Januarie 2024: Die lewe gaan nie oor my nie: Paulus se CV was indrukwekkend en hy kon seker daarmee spog as hy wou. Jesus Christus het immers meer as een keer aan hom verskyn. Tog sê hy "Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my." Die lewe gaan nie oor my nie, maar oor Jesus Christus in my. Lees vandag Galasiërs 2.
- Vrydag, 12 Januarie 2024: Ons is hier vir 'n rede: Hierdie jaar kan baie meer suksesvol wees as ons net begin glo in wat ons doen.
- Donderdag, 11 Januarie 2024: Alles werk nie altyd uit soos ek dit beplan het nie: Alles werk egter ten goede mee vir die wie God liefhet, vir hulle wie na sy voorneme geroep is.
- Dinsdag, 9 Januarie 2024: Wat moet jy nóg ervaar om te weet dat die Here met jou is?: Weet vandag dat die Here met jou is. Lig jou ken, en ken jou Lig!
- Maandag, 8 Januarie 2024: Sukses is 'n keuse: Jy moet leer om in jouself te glo, en jy moet 'n passie hê vir dit waarin jy glo.
- Woensdag, 3 Januarie 2024: Dit wat jy oor jouself gespreek het: Ons moet leer om baie meer positief oor onsself te praat, want ons is dit werd.
- Dinsdag, 2 Januarie 2024: Jou verwagting vir die jaar: Dawid is oortuig dat die Here vir hom sorg. Dit geld egter vir ons ook. Die Here sorg vir jou hierdie jaar.
Desember 2023
- Vrydag, 22 Desember 2023: Kersfees: Ons keuse: En die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.
- Donderdag, 21 Desember 2023: Dit gaan goed met die mens wat sy afhanklikheid van God besef: Ons moet oppas dat ons nie self in beheer wil wees nie. As jy jou eie ding doen, is jou ondergang naby.
- Woensdag, 20 Desember 2023: Ons verhoudinge met ander mense: Dalk moet ons leer om nie altyd alles te persoonlik op te neem nie. Mense gaan ons teleurstel. Ons verhouding met God is egter spesiaal. Hy sal ons nooit in die steek laat nie.
- Dinsdag, 19 Desember 2023: Ek kan God vertrou: Ons word geken aan die vrugte wat ons dra, om Hom te vertrou in alle omstandighede.
- Maandag, 18 Desember 2023: Was dit nie vir die goedheid van die Here nie, waar sou ons vandag gewees het?: My verhouding met die Here moet elke dag gebou word, nie net op "spesiale" dae nie.
- Donderdag, 14 Desember 2023: Wees bly, want die Here doen groot dinge: Of ons bang is of stres of wat ookal, moet ons weet dat die Here ook groot dinge in ons lewe doen.
- Woensdag, 13 Desember 2023: Miga sê hy sal op die Here vertrou: Ek en jy moet ook leer om in totale afhanklikheid van God te leef. Hy sal my gebed verhoor.
- Dinsdag, 12 Desember 2023: Ons kan altyd op die Here vertrou: Dit maak nie saak hoe moeilik dit gaan nie, ek en jy het 'n storie om te vertel van die goedheid van die Here.
- Maandag, 11 Desember 2023: Dawid weet waar sy krag is: Bly naby aan die Here, selfs wanneer dit moeilik gaan, want die goedheid van die Here is vir ewig.
- Vrydag, 8 Desember 2023: Ons werk is nog nie klaar nie: Ons is hier om 'n verskil te maak, maar ons moet opreg wees. Mense hoor en sien hoe ons leef, en dan weet hulle wie ons regtig is. Werk aan jouself.
- Donderdag, 7 Desember 2023: Die stryd is nie joune nie: Laat jou weg aan die Here oor. Hy sal vir jou veg.
- Woensdag, 6 Desember 2023: Soms luister ons nie: Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis. Ons moet leer om nie te eiewys wees nie, en eerder te luister.
- Dinsdag, 5 Desember 2023: Doen dit wat jy moet doen: Hou jy net aan om die regte ding te doen.
- Maandag, 4 Desember 2023: Wat is die goed wat jou besig hou?: Soms word ons aandag afgetrek deur onnodige goed wat nie van toepassig is op dit waarmee jy besig moet wees nie. Hou jy jou oë gevestig op Jesus.
- Vrydag, 1 Desember 2023: Die Here is goed vir ons: Sy goedheid is met ons, maar ons moet naby Hom bly en nooit ons fokus van Hom afhaal nie.
November 2023
- Donderdag, 30 November 2023: Welgeluksalig: Die Here hou sommer baie van jou. Hou jy net aan om jou vertroue in die Here te stel.
- Woensdag, 29 November 2023: Wat sal ons van hierdie dinge sê?: Nie almal gaan dieselfde voel oor ju soos jy oor hulle nie. Hou jy net aan om die regte ding te doen.
- Dinsdag, 28 November 2023: Die Here bly goed: Al word ons as 'n drankoffer uitgegiet, moet ons nie ons vrede verloor nie.
- Maandag, 27 November 2023: Wees oor niks besorg nie: Ons bekommer ons te veel oor goed wat ons alreeds die Here mee vertrou het.
- Vrydag, 24 November 2023: God is jou bron, nie mense nie: Hy wie op die Here vertrou, sal beskerm word.
- Donderdag, 23 November 2023: Bly en groei in die Here: Kom in pas met die ritme van de Here.
- Woensdag, 22 November 2023: Die Here staan jou by op baie maniere: Die HERE gee deurbrake en dit gee hoop vir ander mense.
- Dinsdag, 21 November 2023: Die mense wie God op jou pad sit: Jy speel 'n rol in ander mense se lewe as jy in die wil en plan van die Here leef.
- Maandag, 20 November 2023: Ek stel die Here altyd voor my: As jy voorspoedig wil wees, plaas eerstens jou volle vertroue in die Here, dan ssal jy sien hoe Hy vir jou deurkom.
- Vrydag, 17 November 2023: Dinge werk nie altyd uit nie: Dit keer ons egter nie om aan te hou en aan te gaan nie.
- Donderdag, 16 November 2023: Die Here is altyd met jou: Jy sal oorwin want die Here is aan jou kant.
- Woensdag, 15 November 2023: Verwerf wysheid en insig deur al wat jy besit: Wysheid en insig kom met ouderdom. Leef dit vandag uit.
- Dinsdag, 14 November 2023: Die Here is in beheer: Jou Bewaarder sluimer of slaap nie.
- Maandag, 13 November 2023: Jou pad kruis vandag dié van iemand anders: Hoe hoor jy die boodskap om 'n verskil in ander mense se lewens te maak?
- Vrydag, 10 November 2023: Vrede kan net van Jesus Christus af kom: Jy kan absolute vrede hê as jou verhouding met die Here reg is.
- Donderdag, 9 November 2023: Weet jy hoe sterk jou God is?: Niks wat jy vandag moet hanteer is groter of sterker as wat God is nie.
- Woensdag, 8 November 2023: Jy maak saak: Ons moet aktief by mekaar betrokke wees. Ek maak saak vir ander, en hulle vir my.
- Dinsdag, 7 November 2023: Die lewe is vol uitdagings: Nie almal bid dieselfde nie, en hoe ons bid hang af van die uitdagings wat ons in die gesig staar. Dit gaan egter oor die opregtheid van ons harte.
- Maandag, 6 November 2023: Die vyand gaan altyd probeer om jou te ontspoor: Jy sal egter oorwin omdat die Here vir jou is.
- Vrydag, 3 November 2023: Dit is 'n voorreg om te leef, en God is vir ons: Ons staan vas omdat God ons liefhet, en ons uit die geloof geregverdig is.
- Donderdag, 2 November 2023: Mense is nie altyd konstant en opreg nie: Ons moet soms mense aanvat oor dit wat hulle doen.
- Woensdag, 1 November 2023: Dinge werk nie altyd reg uit nie: God gee ons die oorwinning deur Jesus Christus. Jou arbeid is nie tevergeefs nie.
Oktober 2023
- Dinsdag, 31 Oktober 2023: Kom ons gun die ander persoon sy tyd: Is jy een van diegene wie ander mense inloop, of om ander te laat goed lyk en te laat wen?
- Maandag, 30 Oktober 2023: O Here, herstel ons: Ek en jy het gereeld herstel nodig, maar ons soek dit dikwels op die verkeerde plek.
- Vrydag, 27 Oktober 2023: Beklee jou met Christus: Wees vandag dit wat ander mense in jou soek. Trek Christus aan. Dit trek ander weer na jou toe.
- Donderdag, 26 Oktober 2023: Jy moet korrek aangetrek wees: Gaan lees bietjie Efesiërs en maak seker jy is reg aangetrek.
- Woensdag, 25 Oktober 2023: As jy wil bly staan moet jy ten volle gekleed wees: Jy kan nie net kies watter uitrusting vir jou gerieflik is nie.
- Dinsdag, 24 Oktober 2023: Trek Christus aan: Hoe meer Christus in my gestalte kry, hoe meer word ek na sy beeld gevorm.
- Maandag, 23 Oktober 2023: Doen ons dit wat die Here wil hê ons moet doen?: Doen ons sy wil, of volg ons eenvoudig ons eie wil?
- Dinsdag, 17 Oktober 2023: : Gee krediet aan die Een wie jou storie sin laat maak – Jesus Christus
- Vrydag, 13 Oktober 2023: Jou storie maak saak: Gee krediet aan die Een wie jou storie sin laat maak – Jesus Christus
- Donderdag, 12 Oktober 2023: Hoe gaan dit met jou siel?: Hou jou verhouding met God gesond en werk daaraan. Volg na dit wat goed is.
- Woensdag, 11 Oktober 2023: Is ons bereid om oor te gee sodat ons verander kan word?: Ons is dikwels ons grootste vyand omdat ons dalk nie wil verander nie.
- Dinsdag, 10 Oktober 2023: Hy is Wie Hy is: Niks kan God verander nie, maar Hy is vandag wie jy nodig het.
- Maandag, 9 Oktober 2023: Jou geloof gaan getoets word: As jou geloof nie op die Rots gebou is nie, gaan jy dit nie maak nie.
- Vrydag, 6 Oktober 2023: Die goedheid van die Here is vir altyd: Die Here maak ons paaie gelyk en ons weë standvastig. Ons moet egter in sy Woord bly.
- Donderdag, 5 Oktober 2023: Ons moet oppas om nie mense in kassies te plaas nie: Ons is geroep om almal te bedien.
- Woensdag, 4 Oktober 2023: Ek sal...: Ek sal vanoggend iemand bemoedig, ek sal die Here dien, ek sal lig en sout wees.
- Dinsdag, 3 Oktober 2023: Die Here gebruik dalk jou put ervaring om iets vir iemand te bewys: Aan die einde van die dag kom jy daar sterker uit as diegende wie gedink het hulle het 'n groot slag geslaan deur jou situasie.
- Maandag, 2 Oktober 2023: God is in beheer vandag: Die Here is altyd by jou en Hy sal jou deurdra.
September 2023
- Vrydag, 29 September 2023: Die Here weet wat Hy vir ons in gedagte het: Hierdie is die begin van 'n nuwe seisoen.
- Donderdag, 28 September 2023: Moet noot vergeet om dankie te sê nie: Jy moet jou beloftes hou.
- Woensdag, 27 September 2023: Dit is die moeite werd om God te vertrou: Ongeag jou omstandighede is God by jou. Skep moed, en doen die werk. Onthou die deurbrake van die verlede.
- Dinsdag, 26 September 2023: Jou nalatenskap: Wat laat jy na? Sien mense Jesus Christus in jou? Onthou: Alles is moontlik vir die wat glo.
- Vrydag, 22 September 2023: Doen dit waarvoor jy geroep is: Die hand van die Here is op jou lewe en Hy beskerm jou, soveel so dat selfs jou vyande met jou vrede maak.
- Donderdag, 21 September 2023: Weet God van my?: Hy het sy Seun gestuur, en Hy weet van jou. Hy is jou herder en Hy sal jou nie laat los nie.
- Woensdag, 20 September 2023: Ons hoef niemand te beïndruk nie: Ons is uniek en spesiaal, soos God ons geskape het. Ons moet net onsself wees.
- Dinsdag, 19 September 2023: Hoe werk die wil van die Here?: Ons moet lewende offers wees, heilig wees, en welgevallige offers wees.
- Maandag, 18 September 2023: Ons luister dikwels nie na die stem van die Here nie: Maak die tyd om duidelik te luister na sy stem, dan sal jy nooit buite sy wil wees nie.
- Vrydag, 15 September 2023: Laat al jou weë vas wees: Ons het die taak om die regte ding te doen en die regte besluite te neem.
- Donderdag, 14 September 2023: Wat is die goed wat meeste van jou tyd in beslag neem?: Ons moet leer om ons prioriteite reg te kry en tyd te spandeer waar dit die noodsaaklikste is.
- Woensdag, 13 September 2023: Isolasie is gevaarlik; gemeenskap met die heiliges is God se doel: Kom weg van die idee dat jy op jou eie kan wees. Jy is deel van die Liggaam, en die mense rondom jou.
- Dinsdag, 12 September 2023: Is jy werklik gelukkig met waar jy is in jou persoonlike lewe?: Ons moet dalk bietjie introspeksie doen en onsself evalueer.
- Maandag, 11 September 2023: Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar: Ons reik uit na mekaar omdat dit die wet van Christus vervul – die wet van liefde.
- Vrydag, 8 September 2023: God is aan jou kant: Ons moenie kyk na dit wat ons dalk dink ons nie gekry het nie, maar fokus op sy genade en guns vir ons lewens.
- Donderdag, 7 September 2023: Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor: Die Here antwoord altyd jou geroep, dalk net nie altyd op die manier wat jy dit wou gehad het nie, maar altyd vir die beste uitkoms.
- Woensdag, 6 September 2023: Ek weet nie wat more gaan gebeur nie, maar ek weet wie hou more in sy hand: Omdat Hy leef, sien ek kans vir more.
- Dinsdag, 5 September 2023: Jy is meer as 'n oorwinnaar: Jy het alreeds oorwin deur Jesus Christus. Leef nou so.
- Maandag, 4 September 2023: Die God van hoop: Mag jy vandag vrede ervaar omdat jou hoop in God se beskerming is.
- Vrydag, 1 September 2023: Die Here laat jou nie alleen deur jou krisis nie: Maak nie saaak wat jou omstandighede vandag is nie, Die Here is by jou.
Augustus 2023
- Woensdag, 30 Augustus 2023: Druk vorm jou – druiwe, olywe, diamante, en saad: Ons moet die druk van die lewe hanteer en alles prysgee sodat ons gevorm kan word in dit wat die Here vir ons in gedagte het.
- Dinsdag, 29 Augustus 2023: Wat ander van jou dink is nie belangrik nie: Ons Vader dink baie meer van ons as wat ander mense doen.
- Maandag, 28 Augustus 2023: Die lewe is 'n eggo: Vir iets om nageboots te word of vals te wees, moet daar 'n oorspronklike en ware een wees. Staan vas vandag ten spyte van die aanslae.
- Donderdag, 24 Augustus 2023: Die mense wie positief betrokke is: Daar is die praters, en dan is daar die doeners. Hou aan om dit wat jy doen, goed te doen.
- Woensdag, 23 Augustus 2023: Ons het 'n anker: Ons moenie fokus op die foute van ander nie en daarin roem nie, maar eerder om ons anker in Jesus Christus vind.
- Dinsdag, 22 Augustus 2023: Teëspoed en terugslae is deel van die lewe: Paulus vertel van sy teëpoed, maar hy noem ook dat die Here hom uit al hierdie goed verlos het.
- Maandag, 21 Augustus 2023: Die hand van die Here is op jou: Ons verstaan nie altyd hoekom teëspoed sekere van ons tref en nie ander nie. Die hand van die Here is egter altyd op jou en Hy is vir jou, ten spyte van moeilike tye.
- Vrydag, 18 Augustus 2023: Die wanbalans van ons wil: Ons wil dikwels hê die Here moet inval by wat ons planne. Dit moenie so wees nie.
- Donderdag, 17 Augustus 2023: Bid vir 'n gees van onderskeiding: Jy moet bid dat jy kan onderskei tussen mense wie werklik opreg is, en wie eintlik wolwe in skaapklere is.
- Woensdag, 16 Augustus 2023: Ons moet altyd in die geloof leef, nie net wanneer dit moeilik gaan nie: Volhard in die gebed, ongeag van die omstandighede.
- Dinsdag, 15 Augustus 2023: Ons moenie te gemaklik raak nie: Dit is belangrik om nie te gemaklik met God te raak nie.
- Maandag, 14 Augustus 2023: Ons weet in Wie se hande ons is: Dit maak nie saak wat hierdie week se uitdagings is nie, die Here is met ons. Hy beloof ons lewe en oorvloed.
- Vrydag, 11 Augustus 2023: Ons moenie van die klein dingetjies vergeet nie: Die Here sorg vir ons, en ons moet weer opgewonde raak oor klein wonderwerke in ons lewens.
- Donderdag, 10 Augustus 2023: Ons moet standvastig wees: Ten spyte van omstandighede sal ons bly staan.
- Maandag, 07 Augustus 2023: Daar is só baie hartseer in die lewe: Ons het die verantwoordelikheid om na ander mense uit te reik en hulle bedien. Ons moet in die Here bly.
- Donderdag, 03 Augustus 2023: Die Here toets die harte: Die Here toets jou gesindheid. Kry jou hart reg teenoor God en mense.
- Woensdag, 02 Augustus 2023: Die Here dra ons: Ons bly staan omdat ons op die Rots staan, en Hy wat die goeie werk in ons begin het, sal dit voleindig.
- Dinsdag, 01 Augustus 2023: Alles werk nie altyd uit nie: God toets die motief agter dit wat ons doen.
Julie 2023
- Donderdag, 27 Julie 2023: Hy is ons bron: Ons het egter 'n verantwoordelikheid om naby aan Hom te leef.
- Woensdag, 26 Julie 2023: Wees eg: Moenie jou beeld bou op dit wat sosiale media bied nie, maar word gevorm na die beeld van Jesus Christus.
- Dinsdag, 25 Julie 2023: Volhard in wat die Woord leer: Moenie agter die wêreld aan hardloop nie.
- Maandag, 24 Julie 2023: Mediteer die Woord: Bedink die Woord dag en nag.
- Vrydag, 21 Julie 2023: 'n Klein bietjie geloof: 'n Klein bietjie geloof is beter as geen geloof nie.
- Donderdag, 20 Julie 2023: Fokus op Hom: Mense verander; God nie. Fokus op Hom alleen.
- Woensdag, 19 Julie 2023: Wie is jou vriende?: Wees jy die een wat 'n positiewe verskil maak in ander mense se lewe.
- Dinsdag, 18 Julie 2023: Waarmee hou jy jouself besig?: Kom ons kyk na die Woord – soek allereers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al die ander dinge sal vir jou bygevoeg word.
- Maandag, 17 Julie 2023: Jy hoef nie die storms van die lewe alleen te hanteer nie: Die Here beheer nie net alleen die storm nie, maar Hy dra jou deur in tye van krisis, en jy sal sien hoe Hy jou help.
- Vrydag, 14 Julie 2023: Daar gaan altyd storms in die lewe wees: Dinge sal nie altyd maklik vir jou wees nie, maar laat die Here toe om die storm te beheer.
- Donderdag, 13 Julie 2023: Jy moet die minste wees en ander dien: Jy is geroep om die minste te wees en te dien, nie om hoogwaardig te wees en gedien te word nie.
- Woensdag, 12 Julie 2023: Gehoorsaamheid aan die stem van die Here: As jy wil sien hoe die Here in jou lewe wil werk, wees gehoorsaam, ongeag wat ander mense doen.
- Dinsdag, 11 Julie 2023: Dalk wonder jy hoekom dinge soms gebeur soos hulle gebeur: Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees; wat in sy weë wandel.
- Maandag, 10 Julie 2023: Bly nederig: Die goeie, welgevallige, en volmaakte wil van God sal ons bystaan om te oorwin.
- Vrydag, 7 Julie 2023: Die goedentierendheid van die Here is tot in ewigheid: Die Here sorg vir jou, ongeag van die omstandighede. Bly net in pas met sy wil vir jou lewe.
- Donderdag, 6 Julie 2023: Die volmaakte wil van God: Ons moenie aan die wêreld gelykvormig word nie.
- Woensdag, 5 Julie 2023: Nie my wil nie, maar die wil van die Here: Laat U wil vandag in my lewe geskied.
- Dinsdag, 4 Julie 2023: Is jy vir of teen jou medemens: Nie almal in die lewe is vír jou nie, maar ons weet die Here is vir ons.
- Maandag, 3 Julie 2023: Onnodige goed hou jou terug: Laat die goed gaan wat jou keer om jou potensiaal te bereik.
Junie 2023
- Vrydag, 30 Junie 2023: God is besig om jou storie te skryf: Jou lewe is 'n storie wat God skryf. Moenie die pen uit sy hand neem nie.
- Donderdag, 29 Junie 2023: Ons het 'n ontfermer in die Here: God kyk na ons met oë van liefde, ongeag van die omstandighede.
- Woensdag, 28 Junie 2023: Ons moet kies om by die Here te wees: Wees ernstig oor jou verhouding met die Here.
- Dinsdag, 27 Junie 2023: Wees versigtig wat jy sê, wanneer jy dit sê: Soos jy gesê het, so sal dit wees. Wees vandag baie vesigtig en kies jou woorde mooi.
- Maandag, 26 Junie 2023: Die Here dra jou: Dit is net Sy genade wat jou dra vandag.
- Vrydag, 23 Junie 2023: Die Here gebruik ons om 'n verskil in ander mense se lewens te maak: Omdat God liefde is, moet ons ook mekaar liefhê.
- Donderdag, 22 Junie 2023: Jy moet jouself bemoedig om aan te gaan: Jy moet jou eie ritme vind en vorentoe gaan. Moenie net stilsit nie, terwyl die Here getrou is en jou vorentoe wil laat gaan. Hy is die voleinder van ons geloof.
- Woensdag, 21 Junie 2023: Ons is die sout en lig: Laat jou lig skyn sodat Jesus Christus verheerlik kan word.
- Dinsdag, 20 Junie 2023: Antwoord op gebed: Ons hou aan omdat die Here te bid, nie vir wat Hy vir ons kan doen nie, maar omdat Hy ons liefhet.
- Maandag, 19 Junie 2023: Stap die pad reguit: Ons het self 'n verantwoordelikheid om geestelik te groei en die pad te spat wat die Here vir ons in gedagte het.
- Woensdag, 15 Junie 2023: Laat my hart opreg wees: Ons harte moet opreg wees teenoor God sodat ons nie verleë hoef te voel nie.
- Woensdag, 14 Junie 2023: Doen wat jy moet doen: Ons fokus dikwels so op ons eie omstandighede, dat ons vergeet van ander se nood.
- Dinsdag, 13 Junie 2023: Bewaak jou hart: God se gedagtes oor jou is die beste, selfs al laat ander jou in die steek.
- Maandag, 12 Junie 2023: Bly staande deur die Gees van die Here: Niks wat jy suksesvol doen, kom deur jouself nie, maar omdat die Heilige Gees jou lei.
- Vrydag, 9 Junie 2023: Die oorwinning is joune: Hou net aan glo, ongeag die omstandighede.
- Donderdag, 8 Junie 2023: Beweeg aan na teëspoed in jou lewe: Bly by die Here, ongeag hoe dit met jou lewe gaan. Hy sal nooit sy rug op jou draai nie.
- Woensdag, 7 Junie 2023: Hou vas aan die beloftes: Ons moet mekaar aanspoor om goed te doen, maar in liefde
- Dinsdag, 6 Junie 2023: Oppas vir ydele woorde van ander mense: Laat toe dat jy eerder deur die Woord van God gelei word as die woorde van ander mense.
- Maandag, 5 Junie 2023: Die Skepping wag vir die openbaarmaking van die Kinders van God: Ek en jy moet doen wat ons kan om nader aan die Here te beweeg.
- Vrydag, 2 Junie 2023: Die bloed van die Lam en die woord van ons getuienis: Die Here is jou toevesting en die God op wie jy vertrou.
- Donderdag, 1 Junie 2023: Volhard, hou aan, moenie opgee nie: Wees in alles dankbaar wat die Here vir jou doen.
Mei 2023
- Woensdag, 31 Mei 2023: Doen jy genoeg?: Jou dade spreek meer as jou woorde.
- Dinsdag, 30 Mei 2023: God het 'n plan met jou lewe: Die Here se oë is op jou en Hy sorg vir jou. Hy sien wat jy deurgaan, en Hy hoor jou versoeke.
- Maandag, 29 Mei 2023: Ons grootste vyand is die goed waaraan ons dink: Ons moet leer om op God en sy beloftes te fokus.
- Vrydag, 26 Mei 2023: Ons is bouers aan die Koninkryk van God: Ons lees verder oor Jakobus se raad. Die wysheid wat van God af kom is veel beter as wat die wêreld kan bied.
- Donderdag, 25 Mei 2023: Om 'n kind van die Here te wees is harde werk: Lees gerus Jakobus se raad – bly altyd nedering!
- Woensdag, 24 Mei 2023: 'n Belofte van oorvloed word vir jou gegee: Dit word egter vooraf gegaan deur 'n opdrag om bekering van jou verkeerde weë!
- Dinsdag, 23 Mei 2023: 'n Belofte van oorvloed: Dit gaan goed met die kinders van die Here.
- Maandag, 22 Mei 2023: God meet jou hart: Ons moet oppas wat ons sê omdat dit uit die hart kom. God meet ons aan wat in ons harte is.
- Vrydag, 19 Mei 2023: Hou aan om goed te doen: Jy is meer as 'n oorwinnaar. Hou net aan om goed te doen.
- Donderdag, 18 Mei 2023: Hemelvaartdag: Jesus het gesê Hy kom weer terug. Waarmee gaan jy besig wees op daardie dag? Is jy nog op koers?
- Woensdag, 17 Mei 2023: Wysheid is die grootste geskenk: As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid.
- Dinsdag, 16 Mei 2023: Die goed wat ons pad langs kom: Ons moet elke dag geestelike toetse skryf, en hulle sal aanhou totdat ons hulle slaag.
- Maandag, 15 Mei 2023: Vind jou ritme en hou aan beweeg: Die lewe bestaan uit seisoene, en in elkeen moet jy doen wat jy moet doen.
- Vrydag, 12 Mei 2023: 'n Welbesproeide tuin: Vandag sal jy wees soos 'n tuin wat goed versorg is, soos die Here vir ons sorg.
- Donderdag, 11 Mei 2023: Wat is ware Christenskap?: Om ware Christenskap uit te leef beteken jy moet in jouself sterf sodat Christus meer in jou kan word.
- Woensdag, 10 Mei 2023: As die seisoen verander, pas aan: Verandering is deel van die lewe. Wees gereed om aan te pas.
- Dinsdag, 9 Mei 2023: God is my helper: Die wie die Here vrees, sal geseënd wees.
- Maandag, 8 Mei 2023: Jy moet vandag hoor: Die Here het jou lief: As jy op 'n plek is waar jy twyfel, weet net die Here het jou lief en Hy sal jou nie alleen los nie.
- Vrydag, 5 Mei 2023: Bid die Woord van die Here: Gebruik die Woord, en bid dit in jou eie woorde terug na die Here toe
- Donderdag, 4 Mei 2023: Die genade van Jesus Christus: Vir hulle wat aan Christus behoort, is die oordeel weggeneem.
- Woensdag, 3 Mei 2023: Moenie vergelding soek nie: Dit maak nie saak hie graag jy self wil inklim en dinge uitsorteer nie, laat dit liewer aan die Here oor om te doen.
- Dinsdag, 2 Mei 2023: Die goeie gedagtes wat God vir ons het: Ons moet die Here soek met ons hele hart en ons sal Hom vind.
- Maandag, 1 Mei 2023: God het jou baie lief: Wat ookal gebeur, hou aan om die verskil te maak en God se liefde aan andere te vertoon.
April 2023
- Saterdag, 29 April 2023: Die lewe is nie nét maklik nie: Dinge gebeur soms wat mens nie verwag het nie. Ons moet leer om gedurende die moeilike tye deur te druk en op God staat te maak.
- Vrydag, 28 April 2023: Verskuif jou fokus: Fokus op die dinge wat belangrik is in jou lewe.
- Woensdag, 26 April 2023: Die realiteite van die lewe: Daar is nie net altyd voorspoed in die lewe nie, maar weet dat die Here met jou is, en Hy jou vertroos as jy op 'n slegte plek is.
- Dinsdag, 25 April 2023: Kyk uit vir hoe die Here jou uithelp: As ek dink: My voet wankel – dan ondersteun U goedentierenheid my, o Here!
- Maandag, 24 April 2023: Waarom is daar verdeeldheid?: Ons moet waak teen 'n vleeslike gesindheid wat verdeeldheid bring.
- Vrydag, 21 April 2023: Bewaar jou hart: Ons moet versigtig wees wat ons sê.
- Donderdag, 20 April 2023: Jy is God se meesterstuk: Hou aan om met jou Vader te kommunikeer. Hy wil baie graag met jou praat!
- Woensdag, 19 April 2023: Hou jou oë op die einddoel: Die goedertierenhede, die barmhartighede, van die Here het geen einde nie.
- Dinsdag, 18 April 2023: Die guns van die Here: Die Here kyk na jou met guns, selfs al lyk dit soms of dinge vir jou uitmekaarval.
- Maandag, 17 April 2023: Die goed wat mense sê en doen: Weet dat jy meer as 'n oorwinnaar is.
- Vrydag, 14 April 2023: Wat is waarde?: Besef die waarde van mense in jou lewe.
- Donderdag, 13 April 2023: Ek het Jesus: As jy Jesus het, het jy niks anders nodig nie.
- Woensdag, 12 April 2023: Wees jy outentiek: Dit wat in jou nie eg is nie gaan duidelik uitstaan vir ander. Wees jy net jouself.
- Dinsdag, 11 April 2023: Waaroor dit werklik gaan: Ons moet minder fokus op die fyn besonderhede maar eerder kyk na die essensiële waarheid van Christen wees.
- Donderdag, 06 April 2023: Staan bymekaar in moeilike tye: Is jy iemand op wie ander kan staatmaak, of laat jy jou vriende in die steek as dit moeilik gaan?
- Woensdag, 05 April 2023: Samewerking verg ondersteuning: As jy iets moet sê, sê dit positief. Raak ontslae van negatiewe mense rondom jou.
- Dinsdag, 04 April 2023: Samewerking verg spanwerk: Jy hoef nie altyd alles self doen nie. Leer om die werkslas te verdeel.
- Maandag, 03 April 2023: Samewerking is voordelig: Volg die voorbeeld van die ouens voor jou en wees 'n voorbeeld vir diegene wie jou volg.
Maart 2023
- Vrydag, 31 Maart 2023: Samewerking is belangrik: Ons moet leer om saam te werk en mekaar te vertrou.
- Donderdag, 30 Maart 2023: Kom ons bedien en bemoedig mekaar terwyl daar nog tyd is: Kyk, Ek gaan iets nuuts doen; julle kan dit al sien kom.
- Woensdag, 29 Maart 2023: Hoekom het jy nie gepraat nie?: Leer om meer bewus te wees van mekaar, veral jou vriende.
- Dinsdag, 28 Maart 2023: Kies jou vriende versigtig: Hoe betroubaar is jou vriende? Kan jy op hulle staatmaak? Kies jou vriende versigtig.
- Maandag, 27 Maart 2023: Wil jy eerste wees?: Leer eers om die laaste en die dienaar te wees.
- Vrydag, 24 Maart 2023: God mis niks nie: Hy is bewus van alles wat ons doen, goed of sleg.
- Donderdag, 23 Maart 2023: Ag jouself gelukkig: Jou rekord is skoon by God.
- Woensdag, 22 Maart 2023: Wat het jy om te gee?: Jou bydrae, hoe klein ookal, kan 'n groot verskil maak.
- Maandag, 20 Maart 2023: Wie of wat is jou beskerming?: Ons tree dikwels so vinnig op. Weet vandag dat die Here jou beskerming is.
- Vrydag, 17 Maart 2023: Wie nie teen ons is nie, is vir ons: Nie almal is teen jou nie. Daar is mense wie jou ondersteun. Leef voluit vir die Here!
- Donderdag, 16 Maart 2023: Hou jou oog gevestig op die einddoel: Waarvoor is jy geroep? Moenie dat jy op 'n syspoor beland nie.
- Woensdag, 15 Maart 2023: Bou jou verhouding met God met gebed: Gebed dra groot krag en dit moet 'n leefstyl word, deel van jou daaglikse program.
- Dinsdag, 14 Maart 2023: In Christus is ek volmaak: Om in Hom te wees, bring die satisfaksie wat niks anders jou kan gee nie.
- Maandag, 13 Maart 2023: Jy is 'n nuwe mens: In Jesus Christus is ons nuwe mense, nie volgens die wêreld se standaarde nie, maar dit wat God stel.
- Saterdag, 11 Maart 2023: Ons is wonderbaarlik geskape: Wees jy die beste jy wat jy kan wees, en moenie in kompetisie met ander wees nie.
- Vrydag, 10 Maart 2023: Die geregtigheid van God: Ons staan vas omdat ons in Christus is en sy geregtigheid is tot in alle ewigheid.
- Donderdag, 09 Maart 2023: Vra die Here om te handel: As jy onwrikbaar glo, dan is die Here aan jou kant. Laat Hy deel met die ongeregtigheid rondom ons.
- Woensdag, 08 Maart 2023: Skeidsmure: Oppas dat jou sonde jou nie weghou van die Here af nie.
- Dinsdag, 07 Maart 2023: Moenie net op sukses fokus nie: Ek en jy is geseën om vir ander 'n seën te wees en waarde toe te voeg.
- Maandag, 06 Maart 2023: Op watter fondasie bou jy?: Wat is die basis van jou besigheid en jou lewe? Leef volgens die Woord.
- Vrydag, 03 Maart 2023: Bewaak jou hart: Bly ver weg van diegene wie nie 'n positiewe invloed op jou lewe het nie.
- Donderdag, 02 Maart 2023: Die einde van dinge: Hulle wat op die Here wag, kry nuwe krag
- Woensdag, 01 Maart 2023: Dink nuut: Ou en nuwe sakke – Maak aanpassings aan die manier hoe jy dink.
Februarie 2023
- Dinsdag, 28 Februarie 2023: Jou vreugde: Die blydskap in die Here is ons beskutting.
- Maandag, 27 Februarie 2023: In pas: Vind jou eie ritme in die lewe.
- Vrydag, 24 Februarie 2023: Genade: Genade is nie 'n vrypas om te doen wat jy wil nie.
Ons wil jou aanmoedig om iemand anders aan hierdie boodskappe bloot te stel. Kliek op die skakel hier onder.