Dokumentasie Geplaas op Dinsdag, 21 November 2023

Hoe ons ookal oor die konflik in Gasa voel, diegene wie hulle rug op Israel draai, gaan die prys vir hulle besluit betaal. Jy moet standpunt inneem.

Hoe ons ookal oor die konflik in Gasa voel, diegene wie hulle rug op Israel draai, gaan die prys vir hulle besluit betaal. Jy moet standpunt inneem.

Die wêreld is vandag so deur die media geïndoktrineer dat dit moeilik is om objektief na bykans enige gebeure in die wêreld te kyk. Kom ons vat die gebeure van die laaste paar weke in die Midde Ooste saam, en kyk na die feite:

  1. Op 7 Oktober val Hamas vanuit Gasa Israel aan en 1400 mense in Israel sterf. Daar was geen provokasie aan Israel se kant nie.
  2. Die gevolg is dat Israel homself verdedig, maar soos altyd, skree die wêreld dat hulle nie die reg het tot selfverdediging nie. Wat verwag die wêreld moes Israel doen? Geen ander land sou gekritiseer geword het as hulle aangeval is, en dan teruggeveg het nie.
  3. Soos wat die terroristiese organisasie Hamas nog altyd was, skree hulle nou dat hulle aangeval word, en dui die slagoffer mentaliteit aan. Dit klink omtrent soos ons eie regering. Dit is geen wonder nie dat die ANC Palestina ondersteun. Soort soek soort.
  4. Intussen het duisende mense in Gasa gesterf. Nie almal was Palestyne of Moslems nie. Dit is jammer, maar dit is die aard van oorlog. Kom ons kyk egter hoekom so baie burgerlikes alreeds dood is, en nog gaan sterf:
    1. Die Hamas hoofkwartiere is onder ‘n hospitaal geleë. Dit is dus volgens Hamas heeltemal reg dat pasiënte in ‘n hospitaal die menslike skilde word terwyl hulle aangaan met hulle ruggraatlose aanvalle. Die leier van Hamas is te bang om self op grondvlak in Gasa betrokke te wees. Hy skuil liewer in weelde in Doha, Qatar.
    2. Wapens wat deur Hamas gebruik word, word gestoor in hospitale, moskees, winkels, en indiwidue se huise. Word hierdie wapenopslagplekke vernietig, skree die wêreld dat dit onmenslik is. Geen redelike mens gebruik ‘n hospitaal as ‘n wapenopslagplek nie. Hamas s egter nie redelike mense nie.
    3. Israel se weermag (die IDF) het burgerlikes genoeg tyd gegee om areas te ontruim voordat dit aangeval word. Die kommunikasie was deur die media, en duisende biljette is vanuit die lug versprei, in Arabies. Hamas het hulle mense vertel dat dit nie waar is dat Israel die areas sou aanval nie. Hulle het vir hulle eie mense gelieg, wie die prys betaal het toe die spertyd verby is en Israel aangeval het. Toe die sterftes styg, word Israel as die aggressor uitgebeeld.
    4. Hamas voel niks vir sy eie mense nie. Solank hulle die menslike skilde is waaragter die Hamas terroriste wegkruip, is Hamas gelukkig.
    5. Meeste burgerlikes is ook gladnie so onskuldig nie. Kyk maar na meesal Moslem vrouens wat op straat staan en skree oor die aanvalle op hulle. Dit was hierdie “moeders” wie hulle eie seuns geleer het om Jode dood te maak, en mense met slingervelle aan te val. Hoekom sien jy nie meer mans op die strate nie? Hulle kruip in tonnels weg, gebou met boumateriaal wat deur Israel verskaf is sodat hulle skole en hospitale kon bou. Hulle het besluit om dit vir ander doeleindes aan te wend, ten koste van hulle eie mense.
    6. Die ANC vra dat Israel voor die Internasionale Strafhof gedaag word weens hulle optrede teen Hamas in Gasa, en Hezbollah in die noorde. Dit is dieselfde ANC wat terrorisme in Suid Afrika goedgekeur het, en nog steeds ondersteun. Ongelukkig gaan my land, Suid Afrika, die prys hiervoor betaal.
    7. Die Palestyne, onder beheer van Hamas, wie hulle ondersteuning van Iran kry, stel nie in vrede belang nie. Hulle doel is om Israel te vernietig.

Hier is wat die Woord oor Israel sê:

1En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. 2En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. 3En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word. – Genesis 12:1-3

God se plan vir alle nasies buite Israel, loop deur Israel. Dit is eenvoudig: jy is óf teen Israel, óf vir Israel. Daar is nie ‘n middeweg nie. Ons word gemaan om die regte keuse te maak:

6Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe! – Psalm 122:6

Gaan lees die hele psalm. Die lewe gaan oor keuses wat mense (nasies) maak. Ons word vermaan om vir Jerusalem (en dus Israel) se vrede te bid. Diegene wie Jerusalem liefhet, sal rustig lewe. Die res sal nie dieselfde rustige lewe hê nie. Kyk weer na Genesis 12:1-3. Jy kan kies of jy geseënd of vervloek wil wees. Ek het lankal reeds my keuse gemaak.

Israel is deur die eeue verskeie kere aangeval. Jerusalem is die stad wat die meeste kere al aangeval is, soos wat die Woord ons leer, en ons sien in buite-Bybelse bronne. Die geskiedenis soos in die Bybel opgeteken, vertel dat God sy mense waarsku om volgens sy wil te leef, of die prys te betaal. Die hele geskiedenis van die wêreld stuur egter af op een groot klimaks, in sy poging om Israel te verwoes. Wanneer Israel egter voor die grootste krisis in sy bestaan staan, sal God ingryp en Jesus Christus, die Woord van God (Openbaring 19:13), stuur om die nasies te slaan (Openbaring 19:15). Die nasies, onder leiding van die dier (die Antichris), voer oorlog teen Jesus Christus en sy leër (Openbaring 19:19). Hy vernietig hulle (Openbaring 19:20-21).

Wat moet ek en jy as Christene doen?

Ons kan nie net ons rug op die konflik draai omdat dit omtrent 7000 km ver van ons af plaasvind nie. Die Christendom het sy wortels in Judaïsme. Gaan lees gerus wat Paulus aan die gemeente in Rome skryf, hoofstuk 11, hoe God oor Israel voel en hoe ons teenoor hulle moet optree. Om negatief teenoor Israel te staan in hierdie tyd is moeilikheid soek, en dit hoort nie by Christen gelowiges nie. Israel, en daarmee saam Judaïsme, stap die pad wat hulle gekies het toe hulle die Messias verwerp het. God het egter nie sy volk verwerp nie, en die hele Israel sal gered word (vers 26).

Die konflik in die Midde-Ooste is die konflik tussen Islam en Judaïsme/Christendom. Ons kan nie van hierdie harde waarheid af wegkom nie. Islam was nog nooit, is nie nou nie, die sogenaamde “religion of peace”. Dit is eintlik net dit – ‘n (af)godsdiens (die god van Islam is vals) en hulle het nog nooit vrede gesoek nie; net konflik en oorlog. Hulle plan is wêreld oorheersing, vandaar dat die sogenaamde “vlugtelinge” koers kies Europa toe, eerder as na ander Arabies sprekende Moslem lande. Daar waar Islam is, is chaos. Baie Europese lande besef nou dat hulle verwelkoming van vlugtelinge uit Midde-Oosterse lande nooit goed kon eindig nie. Islam het sy tentakels in Europa gegrawe, en hulle gaan nie laat los nie. Europa is in groot moeilikheid, en die verkeerde keuse wat hulle gemaak het, is nou hulle ondergang.

Staan by Israel, ongeag wat nou met hulle gebeur. Wee die wie teen hulle kant kies.


Stuur vir 'n vriend  Hoofbladsy