Wat is die omvang van God se liefde vir ons?
Die omvang van God se liefde vir ons, is totaal buite ons verwysingsraamwerk. Die mens ervaar verskillende tipes liefde, in verskillende stadia van sy lewe. As 'n baba was die liefde van jou ouers vir jou 'n fisiese aspek - voedsel, warmte en versorging. Later het die emosionele belewenis bygekom en het jy as kind 'n bepaalde gevoel en emosie ontwikkel teenoor jou ouers, broers en susters. Hierdie was die eerste ontwaking van 'n liefdes gevoel. Nog later in jou lewe, was daar jou 'eerste liefde'. Miskien het jy met jou groot liefde getrou, of miskien het die vlammetjie spoedig uitgebrand - hoe ook al, die liefde van 'n eggenoot of eggenote kom nie naby dit wat God vir ons voel nie.
Nog voordat jy van Sy liefde bewus geword het, het Hy jou lief gehad. Die kern van Johannes Hoofstuk Drie handel ondermeer oor die liefde van God vir die mense.
Die lied van David Ruis verwys na hierdie liefde as volg:
His love is higher than the highest of mountains
His love goes deeper than the deepest of seas
His love, it stretches to the farthest horizon
And His love, it reaches to me
His love is stronger than the angels and demons
His love, it keeps me in my life's darkest hour
His love secures me on the pathway to heaven
And His love is my strength and power
His love is sweeter than the sweetest of honey
His love is better than the choicest of wine
His love, it satisfies the deepest of hunger
And His love in Jesus it's mine
- David Ruis
Die menslike verstand kan nie die omvang van Sy liefde begryp nie. Die hoogste berg in die wêreld is Everest. Kan jy jou indink die omvang - hoogte en diepte - van Sy liefde? Nie eers die mees gevorderde tegnologie kan die diepte van die oseaan bepaal nie - Sy liefde is dieper as dit. Sy liefde strek verby horisonne - wanneer jy van oos na wes, of wes na oos loop, daar is altyd 'n horison voor jou - dit hou net aan en aan en aan!
Sy liefde is ook sterker en groter as die mag van engele, of die geheuel van die bose. Sy Lig is vir ons 'n lamp op ons pad en 'n baken in die donker. Sy Liefde het die menigtes wat Jesus gevolg het, gevoed (Wonderwerk van die vermeerdering van die voedsel - Johannes 5).
Jy kan ook deel hê aan hierdie groot liefde van God vir die mens.
Waar het die skrywer van die lied sy inspirasie gekry?
Berge en die see
4In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne. Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het. – Psalm 95:4-5
Horisonne
Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed. – Spreuke 8:27
Sy Liefde raak my aan
Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes. – 1 Johannes 4:10
Engele en die bose
Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! (Jesus verwys hier na die satan.) – Jesaja 14:12
Donker uur
Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee. – Jeremia 29:11
Weg tot die hemel
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. – Johannes 3:16
Krag
Die God wat my sterk toevlug is, en Hy et vir my 'n weg volkomelik uitgesoek. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes. Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span. – 2 Samuel 22:33-35
Soet soos heuning
Hoe soet is U beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond. – Psalm 119:103
Die keurigste wyn
U het die goeie wyn tot nou toe bewaar. – Johannes 2:10
Honger
Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe. – Psalm 63:5
Jesus se liefde is spesifiek vir my
Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes. – 1 Johannes 4:10
